Kalender 29 Junie
Nou aan die gang
» Sokkerkoors loop hoog by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC). Vanjaar kan jy die Wêreldbeker-sokkertoernooi in hul fliekteater kyk. Wees deel van die sokkergees en geniet wedstryde op die grootskerm. Besoek die FNCC se Facebook-blad vir wedstrydtye en -datums.
» Die jaarlikse Namibia Start-up Festival vind weer vandag plaas. Die fees is 'n platform om entrepreneurs, maatskappye, die regering en ander belanghebbendes in die sakewêreld se bande met mekaar te versterk. Dít om dit makliker te maak om ondernemings te stig. Deur die Start-up Festival wil die Financial Literacy Initiative (FLI) wegbeweeg van die tipiese konferensie-omgewing om 'n informele, interaktiewe omgewing wat denke stimuleer vir deelnemers te skep. Vir meer inligting, besoek www.whatsonnamibia.com.
» Die Windhoek Buitekluboord en Kasino bied die Wine Extravaganza vandag om 17:00 aan. AM Weinberg Estate en Nedbank is trots op die gasheer van die 14de Windhoek Wine Extravaganza. Besoekers sal meer as 120 wyne van 18 top- Suid-Afrikaanse wynkelders kan proe en koop. Kom geniet goeie wyn, wonderlike kos en 'n feestelike atmosfeer by Windhoek se topvenue. Daar sal ook bykomende leefstyl-geleenthede wees, soos boetiekbier, jenewer-distilleerdery en Deluxe-koffie.
» Die FNCC bied môre om 10:00 ‘n minidisko vir die jongspan aan. Kids and Balloons beloof twee ure se pret vir kinders en die gesin, en sluit ook opvoedkundige vermaak, speletjies, dans en meer in. Kaartjies is by die deur beskikbaar en kos N$100.
Maandag
» Die internasionaal bekende kunstenaar Birgitta Volz is in Namibië om haar ou vriend en reisboekskrywer, Konny von Schmettau, met haar liefdadigheidsprojek in die Noorde, "Artist for Charity", te help. Die beroemde kremetartboom wat David Livingstone se handtekening sedert 1851 op sy bas het, word deur Volz uitgebeeld. In Augustus 2016 het 'n ekspedisiespan die lank vergete handtekening op die 3 000 jaar oue boom, genaamd Livingstone's Baobab, herontdek. Volz, wat van Neurenberg, in Suid-Duitsland, afkomstig is, woon al 15 jaar lank in die suide van Indië in die internasionale gemeenskap Auroville. Sy werk as kunstenaar met unieke basdrukke. Volz sal haar werk in Namibië in die FNCC se Simon Lumbu-galery uitstal, waar Jana Hybaskova, die Europese Unie se ambassadur in Windhoek, haar werk bekend sal stel. Die uitstalling is tans by die FNCC te sien en is tot 6 Julie oop.
Dinsdag
» Sakeus Nghitungumbala, 'n menslike hulpbronnebestuurstudent aan die Universiteit van Namibië (Unam), gebruik sy insig oor die mensdom om illustrasies van "swartmeisiemagies" met Adobe Photoshop te doen. Sy werk verteenwoordig "jong, swart meisies" en hy betoon daardeur eer aan dié vroue. Die uitstalling open vandag om 17:30 by die FNCC en toegang is gratis.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
» Die Woermannhaus-galery op Swakop bied met trots hul volgende groepuitstalling getiteld Swakop Kaleidoskoop aan. Hierdie uitstalling bied ‘n kleurvolle blik op die kusdorp. Die uitstalling is oop tot 30 Junie.
Woensdag
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) kondig met trots Tulipamwe 2018 aan. Dit behels 'n uitstalling van kunswerke deur internasionale en Namibiese kunstenaars, asook kunstenaars van lande van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG). Dit sal van vandag af tot 14 Julie in die galery te sien wees. Dit is reeds 24 jaar sedert die eerste Tulipamwe-uitstalling bekend gestel is. Vanjaar word 26 kunstenaars uit ses lande byeengebring. Vir verdere inligting, besoek die NAGN se webtuiste.
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom.
Donderdag
» Perspective, wat vandag by die NAGN open, sal foto’s van argitektuur deur die internasionaal bekende fotograaf Helga Kohl vier. Die meeste van dié werke word vir die eerste keer uitgestal. Die uitstalling sal van besondere opvoedkundige waarde wees, en 'n aantal opstelle sowel as 'n video oor die kunstenaar is beskikbaar. Die uitstalling behels twee reekse foto's van spookdorpe aan Namibië se Atlantiese kus en ondersoek kontemporêre argitektuur. Besoek die uitstalling om te sien hoe Kolmanskop, Elizabeth Bay en Windhoek Kohl se siel geraak het. Die uitstalling duur tot 14 Julie.
» Die StArt Art-galery nooi jou uit na die amptelike bekendstelling van hul aanlyn verkopeplatform, www.startartgallery.com. Sluit om 18:00 by die galery aan om hierdie opwindende nuwe platfrom te verken. Die webwerf is reeds in werking, maar die platform sal amptelik by die bekendstelling onthul word.
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie