Kalender 29 Maart
Nou aan die gang
» COSDEF Arts & Crafts op Swakopmund vier Saterdag Paasfees. Daar gaan heerlike vermaak vir jonk en oud wees, musiek en ander vermaak deur plaaslike kunstenaars, aktiwiteite vir die kinders en kunssessies vir die grootmense. Vars gebak, vars produkte en handgemaakte kuns en handwerk kan by die fees gekoop word. Stalletjies is teen N$50 elk beskikbaar. Vir meer inligting, skakel (064) 406 122 of stuur ‘n e-pos aan [email protected]. Die mark begin om 09:00 en is oop tot 13:00.
» Die StArt Art-galery in Windhoek bied Saterdag om 10:00 ‘n vinyasa-jogales aan. Die les sal teen N$120 per persoon deur Gina Figueira aangebied word. Verken die voordele van joga in 'n unieke omgewing, omring deur plaaslike en kontemporêre Namibiese kuns! Plek is beperk, so bespreek vooraf. Stuur ’n e-pos na [email protected] om te bespreek.
» Swakopmund se Kunsvereniging bied Saterdag Night of the Galleries aan. Geniet hierdie opwindende wandeling deur drie galerye - elk met ‘n spesiale uitstalling, vingerhappies en drankies. Die geleentheid begin om 17:00 by die Fine Art Gallery, waarna Die Muschel om 18:30 besoek word en dan word ’n draai by die Woermannhaus-galery gemaak. Vir meer inligting, skakel 081 395 5515.
Maandag
» Look-See is ‘n groepuitstalling wat tans by die StArt Art-galery in Macadamstraat te sien is. Dit weerspieël abstrakte kuns en kombineer die werk van agt visuele en twee uitvoerende kunstenaars. Onder meer word Diana Berner, Nicky Marais, Francios de Necker, Laimi Mbangula, Homateni Ilovu, Tony Figueira, Rudolf Seibeb en Elisia Mghidishange se werk uitgestal. Look-see kan Dinsdae tot Saterdae by die StArt Art-galery besoek word. Die uitstalling duur tot 12 April. Vir meer inligting, besoek StArt Art-galery se Instagram of Facebook-blaaie.
Dinsdag
» Met jare se ervaring in kunswêreld open Pieter Basson vandag sy sewende solo-uitstalling by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC). Die titel, Divine Intervention, sê Basson, is omdat hy enigiets wat goddelik is, skilder. Die bekende Lize Ehlers sal by die opening optree. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad. Die uitstalling kan tot 26 April daagliks van 08:00 tot 17:00 besoek word.
» In The World is her Universe beeld Candice Salkunga haar persepsie van vertroue deur 'n reeks portrette van vroue uit. Hierdie uitstalling word deur die FNCC aangebied. Salkunga verken verskillende persepsies van skoonheid, vertroue en perfeksie in haar werk. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 5 April.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Die Project Room bied met trots hul volgende uitstalling, Nurture, aan. Mitchell M Gatsi is die wenner van twee agtereenvolgende PAN-biënnale in die beeldhoukuns-afdeling en dié is sy eerste solo-uitstalling. Nurture bestaan uit 32 unieke handgemaakte keramiekbeelde. Mitchell beeld enkelmoeders se daaglikse uitdagings in sy werk uit. Die uitstalling open vandag en sal tot 24 Maart voortduur.
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Textiles and Textures aan. Die uitstalling bestaan uit ‘n versameling kunswerke uit Namibia Arts Association en die NAGN se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is van belang ten opsigte van hul gebruik van tekstiel of tekstuur. Ander kunstenaars se stukke sal ook vertoon word. Die uitstalling begin om 18:00 en duur tot 5 Mei.
Donderdag
» Die jong en opkomende kunstenaar Rozanne Visagie stel haar passie vir kuns deur haar nuwe uitstalling Divercity ten toon. Hierdie uitstalling is van vandag af tot 9 Mei by die FNCC se restaurant te sien. Rozanne se werk bestaan uit die kombinasie van verskillende mediums en hoe dit met mekaar reageer. Sy maak gebruik van penne, potlode, waterverf en pastelle. Toegang is gratis en kinders is welkom. Besoek die FNCC se Facebook-blad vir meer inligting.
» New Beginnings is 'n uitstalling wat bestaan uit studente van die Kollege van die Kunste (Cota) se kunswerke. Hierdie jaar se uitstalling is negende in die reeks en sal vir die derde agtereenvolgende keer by die NAGN gehou word. Die amptelike opening vind vandag om 18:00 in die NAGN se boonste galery plaas. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 21 April.
» Die NAGN bied met trots ‘n groepuitstalling getiteld BOOTH aan. Kunstenaars is genooi om binne ‘n afgebakende fisieke en konspetuele ruimte grense uit te daag. Hulle het ‘n ruimte van 2 x 2 m ontvang om hul kuns te vertoon. Hierdie uitstalling kan daagliks by die NAGN besoek word. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste of Facebook-blad.
» Jazz Etcetera vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 by die Hilton se Kalabar plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie