Kalender 3 Augustus
Nou aan die gang
» Die Woordfees is tans in die hoofstad aan die gang. Van Suid-Afrika en Namibië se beste kunstenaars sal die Woordfees-verhoog betree, wat jaarliks ’n horde taalliefhebbers lok. Besoek today.com.na vir datums en tye van optredes. Onthou, Afrikaans praat lékker!
» Dis weer tyd vir die jaarlikse Standard Bank-biltongfees en -motorskou. Die Biltongfees bly ’n hoogtepunt op menige Namibiër se vermaakkalender. Die fees trek vanjaar ’n ander jas aan, wanneer dit ’n motorskou ook word. Dit vind oudergewoonte by die Trustco-sportveld plaas, en kunstenaars soos onder meer ADAM, Leah en Bobby van Jaarsveld sal daar optree. Standard Bank het ook verskeie huurkoop-opsies op motors beskikbaar. Indien jy dus in die mark vir ’n lekker stukkie biltong of ’n kar is, is die biltongfees dié plek vir jou. Kaartjies is by webtickets.com.na beskikbaar.
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots They tried to bury us deur Isabel Tueumuna Katjavivi aan. Dié uitstalling behels verskeie geskiedkundige gebeure wat die kunstenaar in ’n reeks kunswerke omskep het. Dit duur tot 8 Augustus en toegang is gratis. Besoek die NAGN se webtuiste vir meer inligting.
» Die Goethe-Institut staan weer reg met die immergewilde Night Under The Stars (Nuts). Hierdie keer bring Nuts kunstenaars van Namibië, Zimbabwe en Nigerië op een verhoog byeen. Op plaaslike front gaan Miss H die gehoor met haar growwe rasperstem vermaak. Ander kunstenaars sluit in Tatenda en Titus, beide van Zimbabwe, en Emmanuel van Nigerië. Geniet tradisionele Afrika-klanke vir net N$20. Die show begin om 19:00 en kaartjies is by die deur beskikbaar.
» Bones, die Namibiese sanglegende, tree môreaand by die Hilton Kalabar op. Sy musiek word as energiek en oorspronklik beskryf. Jy kan hom regstreeks van 19:00 af in die hoofstad beleef. Dit gaan ’n lekker aand van ou liedjies en nuwe klank wees. Moet dit nie misloop nie.
» Die Boeremark vind môre weer in volle stoom by Windhoek se skougronde plaas. Hierdie mark het van die hoofstad se lekkerste tuisgebak en ander lekkernye. Dit bly ’n trekpleister vir Windhoekers. Die Boeremark se hekke open om 09:00 en kaartjies is daar beskikbaar.
» Die Stephanus-kerk in Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.
Maandag
» Sedert die sukses van die Indonesiese filmweek wat in 2013 en 2014 plaasgevind het, bied die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) met trots nog ’n filmweek vir 2018 aan, wat vandag afskop. Die hoofdoel van hierdie geleentheid is om Namibië en Indonesië se verhouding sterker op kulturele gebied te maak. Tydens die filmweek sal vyf oorspronlike Indonesiese films in die FNCC se fliekteater gewys word. Besoek die FNCC se Facebook-blad vir tye en verdere inligting.
» Die FNCC bied ’n uitstalling deur Annie Olivier aan. Annie is 'n plaasmeisie van die Kalahari en het haar kunsopleiding aan die Katutura Community Art-sentrum voltooi. Later het sy haar diploma in beeldende kunste aan die Ruth Prowse-kunsskool in Kaapstad voltooi. Sy maak gebruik van ultravioletlig in haar werk, wat die kyker ’n gevoel van ruimte gee. Die uitstalling is tans aan die gang en duur tot 7 Augustus. Toegang is gratis. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad.
Dinsdag
» Sakeus Nghitungumbala, 'n menslike hulpbronnebestuurstudent aan die Universiteit van Namibië (Unam), gebruik sy insig oor die mensdom om illustrasies van "swartmeisiemagies" met Adobe Photoshop te doen. Sy werk verteenwoordig "jong, swart meisies" en hy betoon daardeur eer aan dié vroue. Die uitstalling open vandag om 17:30 by die FNCC en toegang is gratis.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie