Kalender 3 Mei
Nou aan die gang
» Die Goethe-Institut bied vanaand nog ’n weergawe van NUTS (Night under the Stars) aan. Die Ongama/Drum café betree 19:00 die verhoog met hul unieke Afrika-ritmes. Onder meer maak hierdie groep gebruik van marimba- en djembe-tromme om gehore op hul voete te kry. Skop die langnaweek op ’n lekker tempo met hierdie geleentheid af. Kaartjies is by die deur vir N$20 beskikbaar. Verversings en ’n kontantkroeg is tydens die optrede beskikbaar.
» Plaaslike kunstenaar Kevin de Klerk se solo-uitstalling Shades op the Sun is tans by die Muschel, in die Brauhuas Arcade, op Swakopmund te sien. Hierdie uitstalling bestaan uit 10 skilderye met ’n landskap tema. Shades of the Sun is oop tot 27 Mei en alle werke is te koop.
» Dit is weer tyd vir die boeremark. Gaan en geniet die lekker vars produkte, handgemaakte goedere, eet- en drinkgoedjies, perdritte en vermaaklikheid vir die kleinspan ook. Die boeremark se hekke maak Saterdag om 08:00 by die Windhoekse skougronde oop. Toegang is N$5 vir volwassenes en gratis vir pensioenarisse en kinders.
» Die Universiteit van Namibië bied Saterdag ’n African Colours-dag aan. Hierdie 7 uur lange byeenkoms bied die geleentheid vir die publiek om meer oor ander Afrikakulture te leer. SME’s gaan tydens die geleentheid kos, musiek en ander kulturele optredes aanbied. Die African Colours-dag begin om 09:00 by Unam en toegang kos N$10 vir persone onder 10 en N$20 vir persone ouer as 10.
» Dit is weer tyd vir die jaarlikse Windhoek Draught Outjo Wildsfees. Met topklas vermaak en lekker kos om aan te smul, is dit definitief ’n geleentheid om nie mis te loop nie. Die wildsfees vind Vrydag en Saterdag by Sophienhof Lodge, 10km buite Outjo op die Khorixas-pad plaas.
Maandag
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied tans die Master Mind-uitstallings aan. Master Mind is ’n innoverende karton- en linoleum-drukwerk-uitstalling deur Lok Kandjengo. Kandjengo put inspirasie vir sy drukwerk uit sy omgewing, kultuur en sy herkoms. In die uitstalling vier die kunstenaar fasette van sy kultuur, lewenservaring en die Namibiese landskap. Elke kunswerk het ’n drukstyl en kleurgebruik wat die kunstenaar oor die jare bemeester het. Die uitstalling duur tot 19 Mei en toegang is gratis.
» Wired is ’n multi-media kunsinstallasie wat uit handgemaakte cyborgs bestaan en wat deur middel van kunsmatige intelligensie op mense kan reageer. Hierdie installasies is deur Erik Schnack en Madryn Cosburn geskep en is ’n manier om hul besorgdheid uit te spreek oor hoe tegnologie die mensdom oorneem. Die uitstalling word deur die StArt Art-galery gefasiliteer, maar vind by die PC Center-gebou plaas. Die kunsinstallasie is tans oop.
Dinsdag
» Sam Matengu bied met trots sy uitstalling The Black Light Portrait Party by die Goethe-Istitut aan. Die werke in die uitstalling draai om ultravoiletlig. Ultravoiletlig is bekend daarvoor dat dit op daardie deel van die spektrum val wat dit moeilik maak om met die oë waar te neem. Hierdie reeks werke bestaan uit Matengu se vermoë om hierdie lig met sy kamera vas te vang. Die uitstalling duur tot Vrydag 11 Mei. Besoek die Goethe-Institut se webtuiste of facebook-blad vir besoektye en ander inligting.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies en etes beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom.
» Die NAGN bied Textiles and Textures aan. Die uitstalling bestaan uit ’n versameling kunswerke uit die Namibia Arts Association en die NAGN se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is van belang ten opsigte van hul gebruik van tekstiel of tekstuur. Ander kunstenaars se werke sal ook vertoon word. Die uitstalling begin om 18:00 en duur tot 5 Mei.
Donderdag
» Die jong, opkomende kunstenaar Rozanne Visagie stel haar passie vir kuns deur haar nuwe uitstalling DIVERCITY ten toon. Dit is van vandag af tot 9 Mei by die FNCC se restaurant te sien. Rozanne se werk bestaan uit die kombinering van verskillende mediums en hoe dit met mekaar reageer. Sy maak gebruik van penne, potlode, waterverf en pastelle. Belangstellendes kan uitsien na ’n verskeidenheid werke. Toegang is gratis en die kinders is welkom. Besoek die FNCC se Facebook-blad vir meer inligting.
» Die NAGN bied BOOTH aan. Met hierdie uitstalling is kunstenaars genooi om binne ’n afgebakende fisieke en konseptuele ruimte grense uit te daag. Kunstenaars het ’n ruimte van 2 x 2 m ontvang om hul kuns te vertoon. Hierdie uitstalling kan daagliks by die NAGN besoek word. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste of Facebook-blad.
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie