Kalender 30 November
Nou aan die gang
» Legendariese musikant, liedjieskrywer en kunstenaar, Ngatu, bring sy oorspronklike Shambo-musiek na die Franko Namibiese Kultuursentrum (FNCC) vir slegs een vertoning vanaand. Dit sal die eerste vertoning wees waar Ngatu met sy nuwe groep optree. Al die musiek is uniek en maak gebruik van Afrika-klanke. Ngatu is vol boodskappe en bied die luisteraars ‘n blik op sy emosies en gevoelens. Hy het al met legendes soos Papa Wemba gewerk en wêreldwyd op feeste soos die Montreuax Jazz-fees in Switserland en die Awesome Africa Festival in Durban opgetree. Kaartjies kan by die deur teen N$70 gekoop word en die vertoning begin om 19:00. Vir meer inligting besoek die FNCC se Facebook-blad.
» Nag Onder die Sterre (NUST) eindig die jaar op ‘n hoogtepunt! Die NUST-verhoog verwelkom DJ Kboz en sy groep, EP 38. Dis ‘n geleentheid wat jy nie kan misloop nie. DJ Kboz se musiek word as Afrika-dansmusiek met ‘n Europese ondertoon beskryf. Die vertoning begin om 19:00 en toegang is gratis!
» Die Namibiese Wetenskaplike Vereniging bied van vandag ’n boekvlooimark aan. Daar is iets vir almal. Van ou boeke, nuwe boeke tot reekse is beskikbaar. Die vlooimark is daagliks van 08:00 tot 17:00 oop en vind by die Namibiese Wetenskaplike Vereniging plaas.
> > Daar word vanaand ‘n Salsa-aand by Africuba aangebied. Die aand sal afskop met ‘n 30-minuut afskopklas vir beginners. Geniet ‘n aand van dans, Kubaanse drankies en eksotiese kos! Dit begin om 19:00 en hou aan tot laat! Kontak 081 129 6233 om ‘n tafel te bespreek.
> > 1st Project tree vanaand op by die Warehouse-teater! Die bekroonde groep is van Suid-Afrika se gewildste tromspelers (wat dikwels kaalbolyf optree). Die vertoning begin om 19:00. Pre-sale kaartjies beloop N$180, en kaartjies by die deur N$200.
» Joe’s Beerhouse bied môreoggend weer hul gewilde vlooimark in die restaurant se parkeerarea aan. Verkopers bied onder meer huishoudelike goedere, kuns, dekor, kleiner meubels en 'n paar kledingstukke teen billike pryse aan. Die vlooimark begin om 07:00. Toegang is gratis.
> > Daar is môre ‘n boeremark by die Windhoek-skougronde. Vars pordukte, handgemaakte items, perdry en vermaak vir die kinders – daar is iets vir almal. Dit begin om 08:00 en duur tot 13:00. Ingang vir volwassenes beloop N$5, en ingang vir kinders en peosioenarisse is gratis.
> > Eagles biertuin bied môreaand die Eagles Rock-fees aan, waar kunstenaars en groepe soos Gerhard Bekker, Accidental Hero en 2DURTY7 gaan optree! Dit skop om 19:00 af, en kaartjies kos N$20 by die deur.
» Skop die Kersseisoen op 'n feestelike nooit af en besoek die Kersmark by die die Groen Sentrum in Swakopmund oormôre. Die ingang is oorkant die "A La Mer" gastehuis. Vir inligting en stalletjiebesprekings, kontak Bea by 081 69 29 072. Let wel: Daar sal geen verdere Sondagmarkte vir die res van die jaar wees nie. Die eerste Sondagmark vir 2019 vind op 24 Februarie 2019, op die gewone tyd van 9:00 tot 13:00, plaas.
» Môre vind ’n gevorderde droomvangerwerskwinkel plaas. Geniet ’n middag van skeppende pret terwyl jy leer hoe om ’n droomvanger te maak. Alle materiaal wat nodig is om die droomvanger te maak, word verskaf. Jy het geen ervaring nodig nie en jy hoef nie kunstig te wees nie! Die werkswinkel begin om 13:00 en duur tot 17:00. Die koste beloop N$400 per persoon en sluit ’n gesonde happie in. Kontak Suzi by 081 129 6244 of stuur ‘n e-pos na [email protected] vir besprekingss
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.
Maandag
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die NAGN se hoofgalery te sien is. Die uitstalling weerspieël studente se toewyding en skeppendheid die afgelope akademiese jaar. Die uitstalling kan tot 19 Januarie 2019 besoek word.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie