Kalender 5 Julie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Vanaand is die immer gewilde Windhoek City Market weer in die hoofstad. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika. Dié mark is die ideale plek waar jy jou skoene ná ’n besige week kan uitskop en lekker kos en wyn onder die Namibiese sterre kan geniet. Dit bied ’n verskeidenheid kos- en dekorstalletjies. Daar is ook ’n kinderarea. Daar is stalletjies met plaaslike en ingevoerde juwele, leerprodukte, klere, skoene en dekor. Toegang is N$40 vir volwassenes, en gratis vir kinders onder 16.

» Die radiopersoonlikheid en hartsmens Treza is vanaand se kunstenaar vir Julie se Night Under the Stars (Nuts). Die gewilde geleentheid vind by die Goethe-Institut plaas. Treza se musiekstyl is baie naby aan RnB en soul met ’n klomp elektroniese klanke by. Gaan geniet ’n aand van heerlike musiek en beleef die reis waarop Treza se lirieke vol liefde en introspeksie jou sal neem. Die deure open om 19:00. Kaartjies kos N$20 en kan by die hekke gekoop word.

» El Barrio Tapas Bar and Restaurant is ’n Kubaanse restaurant wat veral bekendheid vir hul Latynse kos verwerf het. Die restaurant bied vandag ’n mark aan waar skeppende mense bymekaarkom om hul handewerk aan die publiek bekend te stel. Die mark, wat ’n Suid-Amerikaanse gevoel het, open om 16:00 en toegang is gratis.

» Die gewilde sanger en drom-ster Slickartie, wat vir sy verskillende weergawes van klassieke treffers bekend is, is vanaand op die Warehouse-teater se verhoog te sien. Die aand sal ’n blik op dié kunstenaar se brein bied, met oorspronklike musiek van sy album wat binnekort bekend gestel gaan word. Die album bestaan uit ou gunstelinge en gesamentlike stukke wat in ’n intieme en opwindende reis en kos vir die siel bied. Die vertoning begin om 20:00. Kaartjies beloop N$80 en kan by die deure gekoop word.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Die kunsvereniging op Swakopmund bied die uitstalling Nature at its best aan. Die vereniging se privaat versameling is deel van die uitstalling, en spesiale, unieke kunswerke word ook vertoon. Nature at its best is by die Woermannhaus-galery te sien en is oop tot 20 Julie 2019. Die galery is Maandae tot Vrydae van 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 17:00 oop. Saterdae kan dit van 10:00 tot 12:00 en Sondae van 10:00 tot 12:00 besoek word.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.



Woensdag

» Namibian Identity Through Textiles is ’n solo-uitstalling deur die Namibiese kunstenaar Lynette Diergaardt, wat tans by die Nasionale Kunsgalery (NAGN) te sien is. Die uitstalling behels ’n versameling afdrukke wat die soeke na ’n Namibiese identiteit uitdruk deur patrone, herhaling, kleur en tekstuur te gebruik. “So lank as wat ek ’n student en kunsonderwyser was, was daar ’n soektog na Namibiese identiteit, veral ná apartheid, en dalk ook weens internasionale invloede,” sê Lynette. Die kunstenaar is die afgelope vier jaar op ’n ontdekkingsreis oor Namibiese identiteit. Namibian Identity Through Textiles is tot 6 Julie oop vir die publiek. Vir ander uitstallings wat by die NAGN plaasvind, besoek hul webtuiste of Facebook-blad.

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

» Die Goëthe-Institut bied The Power of Emotions – Macht der Gefühle aan, wat tans vir die publiek oop is. Die uitstalling beeld die Duitse gemeenskap se reaksie op die hantering van maatskaplike en politieke verandering oor die afgelope 100 jaar uit. Die versameling foto’s en tekste bekyk hoe emosies beide maatskaplike en politieke aangeleenthede beïnvloed. Die uitstalling sal ook na Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund reis.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer