Kalender 5 Oktober
Nou aan die gang
» Die NG-kerk Windhoek-Oos bied vandag om 18:30 ’n Zumba-partytjie aan. Die Zumba-instrukteurs vir die aand is die gesogte Keanu Eben en Nadine. Geniet elke oomblik van die danspartytjie en sien hoe die kilo’s wegsmelt. Met die tagtigs en Austin Powers as tema kan jy maar regmaak vir ‘n lekker energieke sessie. Kaartjies kos N$60 by die deur. Kontak Nadine op 081 7444 574 vir meer inligting.
» Just Imagine Investment and Township Productions bied vir die eerste keer in Namibië ’n Footballnews Photo Exhibition Project aan. Dit sal die eerste keer wees dat Namibiese sokkergeskiedenis deur middel van ’n foto-uitstalling uitgebeeld word. Al die foto's wat in die projek verskyn, is in 1999 en 2009 deur Mathew Haikali afgeneem. Die projek sluit onder meer die uitstalling, paneelbesprekings en boekbekendstellings in. Dit vind by Namibië se Nasionale Argiewe in Eugene Maraisstraat plaas. Toegang is gratis. Besoek whatsonnamibia.com.na/events vir meer inligting.
» Die Franko-Namibiese Kultuursentrum bied môre weer ’n tweedehandse goedere-mark aan. Gaan maak ’n draai om ou goed weer ’n tweede lewe te gee. Onthou, dis belangrik om te onderhandel. Die mark se hekke maak om 10:00 oop en kan tot 15:00 besoek word. Toegang is gratis.
» Johan Liebenberg tree vanaand by Vintage in Windhoek met sy bekroonde huldeblyk aan Neil Diamond op. Liebenberg het besef sy talent is om Neil Diamond se treffers te sing toe hy in 2009 groot lof ontvang het in die hoogs suksesvolle Barnyard-produksie Diamonds and Pearls. Sy produksie Neil Diamond and Friends het in Kaapstad en Namibië groot sukses behaal. Liebenberg gee Neil Diamond se immergroen treffers soos "Sweet Caroline", "Beautiful Noise", "America", "I am I Said", "Forever in Blue Jeans", "Song Sung Blue", "Desiree", "I'm a Believer" , "Longfellow Serenade" en "Cracklin’ Rosie" nuwe lewe. Kaartjies vir die show, wat om 19:00 begin, kos N$60.
» Nascam is weer terug met die jaarlikse musiekwerkwinkel wat môre by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) aangebied word. Alle fasette van die musiekbedryf word tydens die werkwinkel bespreek. Kunstenaars word ook geleer hoe om ’n bestaan met ’n musiekloopbaan te maak. Die werkwinkel begin 09:00 en duur tot 13:00. Vir meer inligting, kontak [email protected]
» Komisch Elektronisch is terug in die stad. Die geleentheid word by The Loft by die Warehouse-teater in Windhoek aangebied. Gaan geniet 'n sonsondergang op die gewilde dek terwyl jy na oorspronklike elektroniese musiek luister. Platejoggies vir die aand is Jared-G, DJ Fish en Nedlecka. Deure open om 18:00 en toegang beloop N$50.
» Picnic under the Stars is ’n liefdadigheidskonsert wat deur El-Andri Early Intervention gereël word. Hierdie geleentheid sluit regstreekse vertonings deur Vaughn Ahrens en John Rock Prophet in. Die piekniek vind môreaand by die Wanderers-sportgronde plaas en begin om 18:00. Toegang vir groepe van vier kos N$2 000, en sluit ’n piekniekmandjie en kombers in. Individuele kaartjies beloop N$400 en sluit ’n piekniekmandjie sonder kombers in.
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.
Maandag
» Textures & Textiles is ’n groepuitstalling wat die Amerikaanse kunstenaar Carol Marshner-Malone se werk tans by die Woermannhaus-galery op Swakopmund vertoon. Dit word met trots deur Swakopmund se kunsvereniging aangebied. Besoek die galery Maandag tot Vrydag tussen 10:00 en 12:00, of 15:00 en 17:00, en Saterdag tussen 10:00 en 12.00. Toegang is gratis.
Dinsdag
»Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie