Kalender

Yandi Du Plessis
ELKE WEEK:

*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr. Kenneth Kaundastraat aangebied.

*Ondersteun plaaslike entrepreneurs by die Maerua Mall “pop-up”-markie oorkant Food Lover’s Market. Die markie is elke Saterdag tot 15:00 oop.

*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645. Besprekings is noodsaaklik vir groepe groter as 7 mense.

*Die Orca Coffee Bar bied een keer per maand ’n markie aan. Stalletjies kan teen N$50 gehuur word. Vir meer inligting, kontak Hennie Grobler by 081 229 0700. Toekomstige datums is 3 Julie, 7 Augustus, 4 September, 2 Oktober, 5 November en 4 Desember.

NOU AAN DIE GANG:

*Kunswerke wat vir die Bank Windhoek-triënnale ingeskryf is, kan tot 3 Julie by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) besigtig word.

*Die kunstenaar Hage Nasheotwala se werk word tans by Droombos uitgestal. Die uitstalling kan tot 30 Junie tussen 09:00 en 19:00 besigtig word. Vir meer inligting, kontak [email protected] of 061 224 144.

*Anne Lacheiner-Kuhn se uitstalling Wild Art en kunswerke deur die Ikhoba Project kan tot 11 Julie by die Woermannhaus-galery op Swakopmund besigtig word.

SATERDAG 19 JUNIE:

*Die jaarlikse Rössing-marathon (42 km, 21 km or 10 km) vind vanjaar virtueel plaas. Vir enige navrae, kontak Frank by 081 240 3383 of Kaino by 081 316 2885.

MAANDAG 21 JUNIE:

*Die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) bied ’n James Barnor fotografie-uitstalling aan wat tot 2 Julie, tussen 09:00 en 17:00, besigtig kan word.

DONDERDAG 24 JUNIE:

*Die tema van vandeesmaand se Future Females-sessie, wat om 18:00 begin, is “Discover the ultimate secrets of digital marketing”. Kaartjies is teen N$60 op Webtickets beskikbaar. Vir meer inligting, kontak [email protected].

SATERDAG 26 JUNIE:

*Die Gobabis MTB Challenge, wat deur Mannie’s Bike Mecca aangebied word, begin om 09:00 by Die Dam. Jy kan by https://bit.ly/2Trjset inskryf. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 24 Junie.

*’n Bierfees en poësie-aand word by Vinyl’s in Windhoek aangebied, waar individue hul liefde vir bier sal verwoord deur ’n gedig op te dra wat toegewy is aan die brousel. Dertig persent van die kaartjieverkope sal aan Capsize Youth Outreach geskenk word om minderbevoorregtes te help. Kaartjies beloop N$60 en is op Webtickets beskikbaar.

WOENSDAG 30 JUNIE:

*Die L’Avenir Pinotage Masterclass, saam met ’n keurig-voorbereide spyskaart van sjef Terry Jenkinson en Seapride Foods, word by die Silver Spoon Hospitality Academy aangebied. Jy sal ook die geleentheid hê om dr. Edo Heyns van L’Avenir Wines te ontmoet. Kaartjies kos N$550 per persoon. Vir enige inligting en/of besprekings, kontak [email protected] of 061 240 994.

SATERDAG 3 JULIE:

*Internasionale Reggae-dag word van 09:00 tot 21:00 by die Katutura Community Arts Center gevier. Toegang vir dié prettige gesinsgeleentheid beloop N$20.

SATERDAG 10 JULIE:

*Die Bank Windhoek Virtual Relay by Farm Windhoek en by die Action Arena in Olympia begin. Om as manlike, vroulike of gemengde spanne te hardloop of te stap om ’n totaal van 20 km per span af te lê, registreer by http://bit.ly/BW_Relay2021_VirtualEvent.

*Die RPC Powerlifting-kwalifiseringsronde begin om 08:30 by CrossFit Swakopmund (Kraalstraat). Inskrywingsgeld beloop N$250. Vir enige navrae, kontak 081 856 1102.

Kommentaar

Republikein 2025-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer