Kalender 6 April

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Die Windhoek City Market vind vandag weer plaas. Hierdie mark is die ideale plek waar jy jou skoene kan uitskop en aan lekker kos en wyn saam met jou vriende en familie ná ’n lang week smul. Die Windhoek City Market vind by The Village in die hartjie van Windhoek plaas. Die mark bied ‘n groot verskeidenheid kos, dekor en ander produkte aan. Daar is iets vir almal. Van koek tot straatkosse van die wêreld. As jy lekker gesellig op ‘n Vrydagaand wil verkeer, is die Windhoek City Market dié plek om te wees. Toegang is N$40 vir volwassenes en dis gratis vir kinders onder 16. Die mark duur van 16:00 tot 21:30.

» Die Goethe-Institut bied vanaand weer die gewilde Night Under The Stars aan. Die bekende Damara DikDing sal tydens die geleentheid die skare met sy Kwaito-klanke vermaak. Toegang is N$20 en die show begin om 19:00. Vir meer inligting, besoek die Goethe-Institut se webtuise.

» Dit is weer tyd vir die gewilde Macadam-mark vanaand by die ou Grüner Kranz-kompleks. Die mark begin om 16:00 en toegang is gratis.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die Master Mind-uitstallings aan. Master Mind is ‘n innoverende karton- en linoleum-drukwerkuitstalling deur Lok Kandjengo. Kandjengo se inspirasie vir drukwerk kom uit sy omgewing, sy kultuur en van sy herkoms. In dié uitstalling gaan die kunstenaar voort om fasette van sy kultuur, lewenservaring en die Namibiëse landskap te vier. Dit vertoon Kandjengo se tegniese vaardighede. Elke kunswerk bied ‘n unieke drukstyl en kleurgebruik wat die kunstenaar oor die jare bemeester het. Die uitstalling duur tot 19 Mei en toegang is gratis.

Maandag

» Look-See is ‘n groepuitstalling wat tans by die StArt Art-galery in Macadamstraat te sien is. Hierdie uitstalling vertoon die werk van visuele en uitvoerende kunstenaars. Look-See behels abstrakte kuns en kombineer die werk van agt visuele en twee uitvoerende kunstenaars. Onder meer is die werke van Diana Berner, Nicky Marais, Francois de Necker, Laimi Mbangula, Homateni Ilovu, Tony Figueira, Rudolf Seibeb en Elisia Mghidishange in die uitstalling te sien. Look-See kan Dinsdae tot Saterdae by die StArt Art-galery besoek word. Die uitstalling duur tot 12 April. Vir meer inligting, besoek die StArt Art-galery se Instagram- of Facebook-blaaie.

Dinsdag

» Met jare se ervaring in die kunswêreld open Pieter Basson vandag sy sewende solo-uitstalling by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC). Die titel is Divine Intervention, sê Basson, en hy skilder graag enigiets wat goddelik is. Die bekende Lize Ehlers sal een van haar liedjies by die opening sing. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad. Die uitstalling kan tot 26 April daagliks vanaf 08:00 tot 17:00 besoek word.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.

» Die NAGN bied met trots Textiles and Textures aan. Die uitstalling bestaan uit ‘n versameling kunswerke uit Namibia Arts Association en die NAGN se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is van belang ten opsigte van hul gebruik van tekstiel of tekstuur. Ander kunstenaars se stukke sal ook vertoon word. Die uitstalling begin om 18:00 en duur tot 5 Mei.

Donderdag

» Die jong, opkomende kunstenaar Rozanne Visagie stel haar nuwe uitstalling DIVERCITY bekend. Hierdie uitstalling is van vandag tot 9 Mei by die FNCC se restaurant te sien. Rozanne se werk bestaan uit die kombinering van verskillende mediums en hoe dit met mekaar reageer. Sy maak gebruik van penne, potlode, waterverf en pastelle. Toegang is gratis en kinders is welkom. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad.



» New Beginnings is 'n uitstalling wat bestaan uit die studente van die Kollege van die Kunste (Cota) se kunswerke. Hierdie jaar se uitstalling is die negende in die reeks en sal vir die derde agtereenvolgende keer by die NAGN gehou word. Die amptelike opening vind vandag om 18:00 in die NAGN se boonste galery plaas. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 21 April.

» Die NAGN bied met trots ‘n groepuitstalling getiteld BOOTH aan. Met hierdie uitstalling is kunstenaars genooi om binne ‘n afgebakende fisieke en konseptuele ruimte grense uit te daag. Kunstenaars het ‘n ruimte van 2 x 2 m ontvang om hul kuns te vertoon. Hierdie uitstalling kan daagliks by die NAGN besoek word. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste of Facebook-blad.

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!