Kalender 6 Julie

Karin Eloff
Nou aan die gang

» Sokkerkoors loop hoog by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC). Vanjaar kan jy die Wêreldbeker-sokkertoernooi in hul fliekteater kyk. Wees deel van die sokkergees en geniet wedstryde op die grootskerm. Besoek die FNCC se Facebook-blad vir wedstrydtye en -datums.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) kondig graag die uitstalling Made, Unmade aan. Dit bestaan uit die Britse kunstenaar Julie Brook se werke en is tot 28 Julie in die NAGN se laer galery te sien. Julie het 25 jaar lank in onbewoonde en afgeleë landskappe in Noordwes-Skotland rondgetrek, gewoon en geskep. Sy studeer aan Oxford-universiteit se Ruskin-skool vir teken en kuns. Sy druk transformasies deur middel van film en fotografie uit. In September 2017 het sy 'n navorsings- en ontwikkelingstoekenning van Creative Scotland ontvang. Vir meer inligting, besoek:www.juliebrook.com

» Die Goethe-Institut se volgende Night Under The Stars (Nuts) is vanaand weer in aksie. Nuts verwelkom dié keer die bekendste kitaarspeler in ons land, Jackson Wahengo. Hy het in ballingskap in Angola en die Kongo, Brazzaville, tydens Namibië se bevrydingstryd grootgeword. Hy het die kitaar in sy tienerjare ontdek en oor vryheid en konflik gesing. Sy musiek kombineer tradisionele Afrika-ritmes met Afro-pop en 'n tikkie reggae en soul. Die show begin om 20:00 en kaartjies kos N$20.

» Dis weer tyd vir die Boeremark. Daar’s iets vir almal: vars produkte, handgemaakte produkte, eetgoed, drinkgoed, perdry en vermaak vir die kinders. Toegang vir pensioenarisse en kinders is gratis. Die hekke maak om 09: 00 oop en die mark kan tot 14:00 besoek word. Die Boeremark vind by Windhoek se skougronde plaas.

Maandag

» Die internasionaal bekende kunstenaar Birgitta Volz is in Namibië om haar ou vriend en reisboekskrywer, Konny von Schmettau, met haar liefdadigheidsprojek in die Noorde, Artist for Charity, te help. Die beroemde kremetartboom wat David Livingstone se handtekening sedert 1851 op sy bas het, word deur Volz uitgebeeld. In Augustus 2016 het 'n ekspedisiespan die lank vergete handtekening op die 3 000 jaar oue boom, genaamd Livingstone's Baobab, herontdek. Volz, wat van Neurenberg, in Suid-Duitsland, afkomstig is, woon al 15 jaar lank in die suide van Indië in die internasionale gemeenskap Auroville. Sy werk as kunstenaar met unieke basdrukke. Volz sal haar werk in Namibië in die FNCC se Simon Lumbu-galery uitstal, waar Jana Hybaskova, die Europese Unie se ambassadur in Windhoek, haar werk bekend sal stel. Die uitstalling is tans by die FNCC te sien en is tot 6 Julie oop.



Dinsdag

» Sakeus Nghitungumbala, 'n menslike hulpbronnebestuurstudent aan die Universiteit van Namibië (Unam), gebruik sy insig oor die mensdom om illustrasies van "swartmeisiemagies" met Adobe Photoshop te doen. Sy werk verteenwoordig "jong, swart meisies" en hy betoon daardeur eer aan dié vroue. Die uitstalling open vandag om 17:30 by die FNCC en toegang is gratis.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

»

Woensdag

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) kondig met trots Tulipamwe 2018 aan. Dit behels 'n uitstalling van kunswerke deur internasionale en Namibiese kunstenaars, asook kunstenaars van lande van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC). Dit sal van vandag af tot 14 Julie in die galery te sien wees. Dit is reeds 24 jaar sedert die eerste Tulipamwe-uitstalling bekend gestel is. Vanjaar word 26 kunstenaars uit ses lande byeengebring. Vir verdere inligting, besoek die NAGN se webtuiste.

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom.

Donderdag

» Perspective, wat vandag by die NAGN open, sal foto’s van argitektuur deur die internasionaal bekende fotograaf Helga Kohl vier. Die meeste van dié werke word vir die eerste keer uitgestal. Die uitstalling sal van besondere opvoedkundige waarde wees, en 'n aantal opstelle, sowel as 'n video oor die kunstenaar is beskikbaar. Die uitstalling behels twee reekse foto's van spookdorpe aan Namibië se Atlantiese kus en ondersoek kontemporêre argitektuur. Besoek die uitstalling om te sien hoe Kolmanskop, Elizabeth Bay en Windhoek Kohl se siel geraak het. Die uitstalling duur tot 14 Julie.

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!