Kalender 6 September
Nou aan die gang
» Die gewilde Night Under the Stars (NUTS) bring vanaand die ikoniese Axue and the Birds na die Goethe-instituut se verhoog. Sebulon (Axue) Gomachab sal die verhoog met medekunstenaar en vooraanstaande tromspeler Siegfried (Ou Jomo) Haoseb deel. Dis ‘n geleentheid wat jy nie wil misloop nie. Die show begin om 19:00 en kaartjies kan by die deure gekoop word. Axue en Ou Jomo het die Lifetime Achiever-toekenning by die 2018 Namibiese Jaarlikse Musiektoekennings (NAMAs) gewen.
» El Barrio Tapas Bar and Restaurant bied vandag weer hul gewilde straatmark aan. Wees deel van die vierde mark met die tema “Hallo Lente”, waar onder meer regstreekse optredes sal plaasvind. Dit begin om 16: 00 en duur tot ounag. Hou hul Facebook-blad vir meer inligting dop.
» Môreaand vind die Namibiese Jaarlikse Musiektoekennings (NAMAs) by The Dome op Swakopund plaas. Gaan kyk en luister na wonderlike plaaslike talent en mode, asook die beste van die bestes in die musiekbedryf. Die NAMAs beloon Namibiese topkunstenaars vir hulle vir musiekprestasies. Die show begin om 18:00 en kaartjies kan by webtickets.com/events gekoop word.
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.
Maandag
» Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se negende keramiekbiënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied. Die geleentheid is die hoogtepunt op die PAN-kalender en lok jaarliks talle inskrywings en pottebakkery-entoesiaste. Die biënnale is tans oop en sal tot 20 September duur. Bank Windhoek het die geleentheid, saam met verskeie ander ondernemings in Namibië en Suid-Afrika, ruim geborg. PAN bied vanjaar kontantpryse in ’n verskeidenheid kategorieë aan. Dit sluit onder meer wielwerk, handbeeldhouwerk, nuwe werke en nuweling van die jaar in. Die nuweling van die jaar word deur die publiek aangewys. Vir meer inligting, besoek www.pan.iway.org of stuur ’n e-pos na [email protected]
» Showcase Namibia is ’n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» ‘n Fotografie-uitstalling getiteld Sister Tribe deur die bekende, plaaslike fotograaaf Karin Retief is tans by Woermannhaus-galery op Swakopmund te sien. Met haar aangrypende werk neem Retief jou op ‘n reis wat handel oor die vroue van Afrika, volgens haar die ruggraat van die vasteland. Die uitstalling duur tot 22 September en toegang is gratis.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Disruption in Time is ‘n uitstalling van visuele kunswerke wat deur meer as een kunstenaar vervaardig is, maar nie tegelyk of in dieselfde ruimte nie. Die uistalling is tans aan die gang by die Goethe-instituut. Die uitstalling is deur Jaimee-Lee Diergaardt gekoördineer en ondersoek die tema en konsep van hoe herinneringe ‘n persoon se kuns en persoonlike identiteit beïnvloed. Die uistalling is tot 20 September oop vir die publiek. Toegang is gratis.
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie