Kalender 7 Junie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Dis weer tyd vir die jaarlikse Namibië Toerisme Ekspo. Hierdie gewilde geleentheid vind jaarliks by Windhoek se skougronde plaas en is tans aan die gang. Daar is iets vir almal – van oud tot jonk. Hekke maak daagliks om 12:00 oop en sluit weer om 22:00. Moenie die What’s Cooking-saal met verskeie kookdemonstrasies deur plaaslike en internasionale sjefs misloop nie. ’n Motorskou is ook deel van die ekspo. Indien jy in die mark vir ’n nuwe motor is, kan jy gerus ’n draai by die motorskou-area maak. Verskeie motorhandelaars het heerlike aanbiedinge wat net tydens die NTE geldig is. Vanjaar is die Namibië Toerisme Ekspo se 21ste bestaansjaar en is, soos altyd, ’n hoogtepunt op die vermaakkalender. Kaartjies kos N$100 vir volwassenes, N$50 vir kinders tussen 6 en 12 en pensioenarisse se toegang is gratis.

» Is jy ’n boekwurm? Indien wel is hierdie geleentheid vir jou. Die Namibiese Wetenskaplike Vereniging bied tans ’n groot boekverkoping aan. Dit vind vandag van 08:00 tot 16:30 by die vereniging plaas. Vir meer inligting, besoek hul webtuiste.

» ? El Barrio Tapas Bar and Restaurant is die Kubaanse restaurant wat veral bekendheid vir hul Latynse kos verwerf het. Die restaurant bied vandag ’n markie aan waar talentvolle mense bymekaarkom om hul handewerk aan die publiek bekend te stel. Die mark, wat ’n Suid-Amerikaanse gevoel het, open om 16:00 en toegang is gratis

» Junie se Night Under the Stars (NUTS) verwelkom Nandele Maguni van Maputo op die verhoog. Manguni is in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap bekend vir sy vernuwende benadering tot die vervaardiging van dubstep- en psigedeliese ritmes. Hy het al by prominente feeste opgetree om verskeie maatskaplike kwessies aan te spreek – van geslagsgebaseerde geweld tot xenofobie. Hy het in April 2019 sy debuutalbum, Likumbi, vrygestel, wat deur ’n besoek aan sy dorpie van afkoms geïnspireer is. NUTS vind vanaand om 20:00 by die Goethe-Institut plaas. Toegang is N$20 en kaartjies kan by die deur gekoop word. Vir meer inligting, besoek hul webtuiste.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Die kunsvereniging op Swakopmund bied die uitstalling Nature at its best aan. Die vereniging se privaat versameling is deel van die uitstalling, en spesiale, unieke kunswerke word ook vertoon. Nature at its best is by die Woermannhaus-galery te sien en is oop tot 20 Julie 2019. Die galery is Maandae tot Vrydae van 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 17:00 oop. Saterdae kan dit van 10:00 tot 12:00 en Sondae van 10:00 tot 12:00 besoek word.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) nooi alle kunsliefhebbers uit om vanaand die solo-uitstalling Metaphor, deur die Namibiese beeldende kunstenaar Alfeus Mvula, te besoek. “Mvula se kuns word deur sy persoonlike lewe en vroeë ervarings in Namibië beïnvloed,” sê dr. Meredith Palumbo in die inleiding vir sy katalogus genaamd Identity. Sy voer verder aan: “Die onderwerp van sy kuns verwys na sy landelike wortels en sluit uitbeeldings van beeste, tradisionele voorwerpe, Afrikarokke en die landskappe van die Noorde in.” Die uitstalling het ’n kragtige metafoor vir Namibiërs geword. Mvula sê: “Die kop is deel van die liggaam; die kop is iemand in beheer van ’n groep; kop is die plek van ons verstand en verstandelike vermoëns”. Metaphor is tot 22 Junie by die NAGN te sien.



Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

» Die Goëthe-Institut bied The Power of Emotions – Macht der Gefühle aan, wat tans vir die publiek oop is. Die uitstalling beeld die Duitse gemeenskap se reaksie op die hantering van meganismes van maatskaplie en politieke verandering oor die afgelope 100 jaar uit. Die versameling foto’s en tekste bekyk hoe emosies beide maatskaplike en politieke aangeleenthede beïnvloed. Die uitstalling sal ook na Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund reis.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!