Kalender 7 September
Nou aan die gang
» Dit is vandag en môre weer tyd vir die jaarlikse wynskou op Swakopmund by die Swakopmund Plaza Hotel. Peter Falke Wines, Babylonstoren, De Meye Wyne, Hillcrest Estate en Niel Joubert Wyne is van die wynlandgoedere wat tydens die skou beskikbaar gaan wees. Kry jou kaartjie, gryp 'n glas en proe aan die heerlikste wyne. Kaartjies is by Computicket beskikbaar of by jou naaste Checkers of Shoprite, of by die deur teen N$150 per persoon. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com/events.
» Die Village City Market is die ideale plek om ná 'n besige week jou skoene uit te skop en goeie kos en wyn onder die Namibiese hemelruim te geniet. Dié mark vind vandag weer in Windhoek plaas. Dit dien as die perfekte wegbreek ná ’n lang week op kantoor, of om net lekker tyd saam met jou familie of vriende te spandeer. The Village het 'n Europese atmosfeer met bome, visdamme en pragtige argitektuur, en is in die hartjie van Windhoek geleë. Die mark bied ’n verskeidenheid kos- en dekorstalletjies en juweliersware, leerprodukte, klere en skoene is onder meer beskikbaar. Kaartjies is aanlyn by EventsToday beskikbaar en die mark se hekke open om 15:00.
» Die Tannery-mark en -wedloop vind môre net buite Windhoek naby Elisenheim plaas. As jy op soek is na ’n geleentheid om bietjie uit die dorp te kom, maar nie te ver wil ry nie, is die Tannery-mark die perfekte geleentheid vir jou en jou hele gesin. Geniet Slowtown-koffie, ’n glas uitsoekwyn of ’n yskoue bier met ’n groot verskeidenheid plaaslike lekkernye om aan te smul. As deel van die mark is daar ook ’n wedloop wat om 8:00 afskop. Registrasie beloop N$20. Toegang tot die mark is gratis. Besoek allevents.in/windhoek vir meer inligting en aanwysings na dieTannery.
» Namibië se eerste outentieke boetiekbierfees sal môre in die hoofstad plaasvind. Die fees bied die beste plaaslike bier soos Tholch Brew, Camelthorn en Namib Dunes, asook Suid-Afrikaanse brouerye soos Devils Peak, Boston, CBC, Striped Horse. Daar sal ook indrukwekkende kombinering van Wilderer, Musgrave, Wixworth Gin en Parow Brandy met die volledige reeks Fitch & Leedes-verversings wees. Oesters, bratwurst, kase, gourmetburgers, pizza, roomys en ander soetgoed sal beskikbaar wees.
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.
Maandag
» Textures & Textiles is ’n groepuitstalling wat die Amerikaanse kunstenaar Carol Marshner-Malone se werk tans by die Woermannhaus-galery op Swakopmund vertoon. Dit word met trots deur Swakopmund se kunsvereniging aangebied. Besoek die galery Maandag tot Vrydag tussen 10:00 en 12:00, of 15:00 en 17:00, en Saterdag tussen 10:00 en 12.00. Toegang is gratis.
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots They tried to bury us, deur Isabel Tueumuna Katjavivi, aan. Dié uitstalling behels verskeie geskiedkundige gebeure wat die kunstenaar in ’n reeks kunswerke omskep het. Dit duur tot 8 September en toegang is gratis. Besoek die NAGN se webtuiste vir meer inligting.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie