Kalender 8 Februarie

Karin Eloff
Nou aan die gang

» Voice of Namibia skep 'n platform vir die ontdekking en koestering van Namibiese sangtalent. Verlede jaar se kompetisie was ’n reusesukses en is op sosiale media gedryf met stemme van die publiek en aanlyn beoordelaars. Vanjaar wil Voice of Namibia dié platform uitbrei en die kompetisie se formaat aanpas. Die eerste uitskakel-ronde vind môre by die Windhoek Buitekluboord plaas. Altesaam 25 finaliste sal kragte meet, waarná 12 na die volgende ronde sal deurdring. Ses beoordelaars sal die top-10 deelnemers tydens dié optrede kies, wat beloof om ’n glansryke geleentheid te wees en deur TV2 Namibia gedek sal word. Die top-10 sal op 16 Maart weer tydens ’n regstreekse vertoning optree, waarná die wenner van Voice of Namibia 2019 aangekondig sal word. Dit begin om 19:30 en kaartjies kan teen N$250 by die deur gekoop word. Ligte vingerhappies is ingesluit.

» Die Ou Brouery-mark vind môre weer in die hartjie van Windhoek se middestad plaas. 'n Wye verskeidenheid kuns, kunsvlyt, dekor, kos en klere sal beskikbaar wees. Moenie die regstreekse vermaak misloop nie. Kindervermaak word voorsien. Vir meer inligting oor stalletjiebesprekings en die mark, stuur ’n e-pos aan Dawn by [email protected]. Toegang is gratis en die mark is van 09:00 tot 13:00 oop.

» Die Salsa Social Club in Windhoek bied môreaand 2019 se eerste straat- salsapartytjie by Cramer’s Ice Cream aan. Die musiek sal hard speel, daar sal heelaand gedans word, en die drankies sal koud en verfrissend wees. Onder meer kan jy die die salsa, bachata, cha-cha en merengu aandurf. Toegang is gratis, bring net jou dansskoene!

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Dinsdag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag

Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!