Kalender 8 Junie

Karin Eloff
Nou aan die gang

» Die Dai-mai-dansgroep, ‘n projek van die Kollege van die Kunste (Cota) se dansdepartement, bied met trots hul volgende uitvoering onder leiding van Trixie Munyama aan. Die konsert vind vanaand by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) plaas. Die produksie se naam is Land en gaan oor die effek van depressie, nostalgie en trauma op die menslike liggaam. Kaartjies kos N$100 en kan by die deur gekoop word. Die show is van 19:00 tot 21:00. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad.

» Die bekende duo Blend tree vanaand by die Wolfshack in Windhoek op. Hierdie duo bestaan uit Nesindano Namises en Christian Polloni. Kaartjies kos N$30 en die vertoning begin 19:00.

» Die Kankervereniging van Namibië (CAN) vier môreaand hul 50ste bestaansjaar en hou ‘n groot makietie by die Safari Court Hotel Ballroom. Hierdie mylpaal gaan met goeie vermaak en lekker kos gevier word. Kaartjies vir die galadinee kos N$650 en sluit ‘n driegangmaaltyd, ligte verversings en vermaak in. Belangstellendes kan kaartjies by www.webtickets.com.na kry.



Maandag

» Die Omba-galery, in samewerking met die JMAC (John Muafangejo Art Centre), bied ‘n uitstalling deur voormalige studente en jong kunstenaars aan. Die uitstalling is tans oop en duur slegs vandeesweek. Vir meer inligting, besoek die Omba-galery se Facebook-blad.

Dinsdag

» Sluit by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan vir hul nuutste uitstalling getiteld Wakpon, le musée fait le mur. Hierdie innoverende projek, wat deur die Zinsou-stigting en Alliance Française se Gaborone-tak gehou word, het ten doel om kuns en kultuur vir die vasteland toeganklik te maak. Die kunswerke van 43 Afrika-kunstenaars word virtueel uitgestal. Dit open vandag en toegang is gratis.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Die Woermannhaus-galery op Swakop bied Swakop Kaleidoskoop, ’n groepuitstalling, aan. Hierdie uitstalling bied ‘n kleurvolle blik op die kusdorp. Dit duur tot 30 Junie.



Woensdag

» Die immergewilde Lianie May tree vanaand by Laerskool Vooruit op Otjiwarongo op. Hierdie konsert word ten bate van die Dierebeskermingsvereniging van Namibië (DBV) gehou. Kaartjies vir die show kan by Pick n Pay en www.webtickets.com.na gekoop word.

» Alex Bracht se nuwe solo-uitstalling is tans by die FNCC te sien. Hy skilder dit wat vir hom belangrik is en spreek alledaagse kwessies aan. Deur die jare het Bracht sy merk in die kunsbedryf gemaak en sodoende bekendheid vir sy tegnieke verwerf. Die uitstalling duur tot 16 Junie en toegang is gratis.

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Goethe-Institut bied hul volgende uitstalling, Beelde van konflik en samewerking, aan. Dit bestaan hoofsaaklik uit metaalbeeldhouwerk deur die kunstenaars Ismael Shivute en Mateus Alfeus. Die meerderheid van hierdie werke is uit herwinde materiaal gemaak. Die kunstenaars ondersoek die dinamika van menslike interaksie en die konflik of harmonie wat dit tot gevolg het. Die uitstalling word deur die Start Art-galery georganiseer en is tot 15 Junie oop.



»

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!