Kalender 8 November
Nou aan die gang
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die uitstalling Fashion Beyond Trends aan. Die uitstalling is deur die Namibiese mode-ontwerper Cynthia Schimming wat haarself as 'n visuele storieverteller beskou. Die doel van die uitstalling is om naaldwerkers, kleremakers en opkomende ontwerpers te inspireer. Die uistalling kan nog vandag en môre besoek word.
» Die Jeugorkes van Namibië (YONA) tree vandag om 19:30 by Windhoek Hoërskool (WHS) op. YONA streef daarna om die lewe van jeugdiges deur middel van musiek te transformeer. Die YONA-beweging is geïnspireer deur die Venezolaanse El Sistema - 'n nasionale stelsel van jeug- en kinderorkeste, asook kore wat sosiale verandering voorstaan. Kaartjies is by die deure beskikbaar. Dit beloof om ‘n aand van pragtige musiek, sang en samesyn te wees. Vir meer inligting besoek WHS se webtuiste of kontak die skool direk.
» Het jy dit al oorweeg om ‘n troeteldier aan te neem? Môre is die die perfekte tyd om dit te doen. Die DBV in Windhoek bied weer sy Clear the Shelter-dag aan. Daar is baie katte, honde en klein diere by die DBV wat 'n nuwe, liefdevolle huis benodig. Hulle kan nie wag om hul liefde met jou te deel nie. Slegs vir een dag sal die DBV verlengde bedryfsure en spesiale aanneempakkette hê. Jy kan van 09:00 – 13:00 of van 15:00 – 18:00 ‘n draai gaan maak om jou toekomstige vierpootmaat te ontmoet.
» Môreoggend word ‘n vlooimarkie op die hoek van Sean McBride- en Frankie Fredericksstraat in Windhoek gehou. Daar sal allerlei tweedehandse items, kos, drankies en genot vir die hele gesin wees. Die mark is van 10:00 – 17:00 oop en toegang is gratis.
» Beat Street word vanjaar drie jaar oud. Wie sou kon dink dat hierdie partytjie 'n gereelde geleentheid in die stad sou word? Dít danksy die Beat Street-familie wat die beweging deur al die jare ondersteun het. Ter viering van hul verjaardag, nooi die manne van Beat Street almal uit om môreaand om 19:30 by die Nyama Grill House saam met hulle partytjie te hou. Dit kos N$50 en kaartjies kan by die deure gekoop word.
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.
Maandag
» Die Wetenskaplike Vereniging van Namibië bied vanaf 19:30 tot 21:00 by sy hoofgebou in Windhoek ‘n openbare praatjie deur Novald Kandali liyambo aan. Dit handel oor die smokkel van reptiele in Namibië, die vierde grootste ontwettige handelsmark ter wêreld, en gaan klem lê om Namibië se betrokkenheid. Iiyambo is 'n deeltydse dosent aan die Universiteit van Namibië (Unam) se departement biologiese wetenskappe. Sy het 'n MSc in dierkunde (met spesifieke verwysing na Herpetologie) aan die Universiteit van Pretoria en 'n BSc in Omgewingswetenskappe aan Unam voltooi. Haar belangstelling strek van bewaringsbiologie en inheemse kennisstelsels tot volhoubaarheid.
» #Selfie is 'n solo-uitstalling deur die Namibiese fotograaf en visuele kunstenaar Lukas Amakali, geïnspireer deur die hedendaagse digitale era en die invloed van sosiale media op die mens. Amakali beskou selfies as 'n voorstelling van homself en sy identiteit. Hy gebruik fotografie om sy gevoel oor die digitale era te uiter. Die reeks werke bestaan uit selfies wat deur middel van ‘double exposures’ geneem is. Die uitstalling open vandag om 18:00 by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) en duur tot 9 Novemeber.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
» Na die sukses van verlede jaar bied die Swakopmund Kunsvereniging sy tweede weergawe van die Little Big Things-uitstalling aan. Dit bestaan uit werke wat onder meer uit skilderye, collages, afdrukke, juweliersware, tekeninge, pottebakkery, 3D-werke, foto's en draad- of kralewerk insluit, almal 20x20 cm. Dit is by die Woermannhaus-galery te sien.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie