Kalender 9 Junie
?» Die FNCC bied vanaand 'n skilder-en-wyndrinkaand aan in samewerking met Something Artsy. Hierdie geleentheid bied kunsliefhebbers die geleentheid om
'n unieke kunswerk
te skilder terwyl daar lekker gekuier word. Kaartjies kos N$250 per persoon en die prys sluit twee glase wyn en al jou kunsbenodigdhede
in. Besoek die FNCC
se webtuiste vir
meer inligting.
?
» Bank Windhoek / The European Investment bied vandag en môre vir die eerste keer die Start-up Festival by die Warehouse-teater aan. Hierdie fees beoog om die suksevolste entrepreneurs en topbeleggers van die streek bymekaar te bring en om besigheidsmoontlikhede te bespreek. Die fees moedig 'n sterk ekonomie en die bekamping van werkloosheid aan. Dit begin vandag en môre om 08:00 en duur tot 16:00. Belangstellendes kan www.namibiastartupfestival.com vir meer inligting besoek.
?» Fotografiedosent Djunior Svane bied slypskole in digitale fotografie vir beginners en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
?
» Ervaar Paul Godard se fotografiese interpretasie van Namibië se asemrowende landskappe, geïnspireer deur die wilde perde van die Namibwoestyn en die talle suksesstories oor volhoubare toerisme vanoor die hele land. Sien Namibië soos nog nooit vantevore nie deur Paul se grootformaat werke (van tot selfs 1,2 m by 2,4 m) by die Nasionale Kunsgalery van Namibië in sy uitstalling Change Your Perspective, wat tot 10 Junie te sien is. Die uitstalling kan van 08:00 tot 17:00 gesien word. Aanvaar hierdie uitnodiging om jou perspektief aangaande ons interaksie met die omgewing en sy mense te verander. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste.
?
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt, die nuwe restaurant by die Warehouse, beskikbaar.
?
» 'n Uitstalling deur Peter Heinrich open vandag by die FNCC. Heinrich deel sy talent vir die eerste keer met die publiek. Hierdie uitstalling bestaan uit swart-en-wit tonele van Namibiese tradisies wat op bord geverf is. Vir meer informasie oor Heinrich se eerste solo-uitstalling, besoek die FNCC se webtuiste. Die uistalling duur tot 22 Junie.
?
» Die Bottomless Coffee Band is vanaand en môreaand by die Warehouse-teater te sien met 'n eksklusiewe optrede. Die groep is tans op hulle “Into The Dunes Namibië”-toer en die optrede beloof om nuwe materiaal en interessante reisstories in te sluit. Kaartjies is N$120 per persoon. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se webtuiste.
?
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 'n openbare tromslaansessie in die boma by Joe's aan. Almal is welkom. 'n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
?» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
?
» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - 'n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie