Kalender 9 Maart
Nou aan die gang
» Dis weer tyd vir The Gathering, maar hierdie keer is dit net vir dames. Ter viering van Vrouedag word alle dames vanaand na die Franko-Namibiese kultuursentrum (FNCC) genooi. The Gathering is ‘n platform vir musikante, digters en skrywers om hul talente op een verhoog met die res van Namibië te deel. Die doel is om verskillende kunsvorms met mekaar te kombineer en sodoende nuwe kuns te ontwikkel. Belangstellendes kan kaartjies vooraf by die FNCC koop, of by die deur op die aand van die show. Dit begin om 20:00.
» Die Project Room bied hul volgende uitstalling, NURTURE, aan. NURTURE is Mitchell M Gatsi (Tafy Tang Arts) se eerste solo-uitstalling en bestaan uit 32 unieke, handgemaakte keramiekbeelde. Mitchell se beeldhouwerk gaan oor die daaglikse uitdagings en suksesse wat hardwerkende enkelmoeders deurgaan om hul kinders se lewens te verryk. Die uitstalling open vandag en sal tot 24 Maart voortduur.
» Die FNCC bied môre Finding Nemo aan. Die storie gaan oor ‘n vissie, Nemo, wat die pad byster raak, al is sy pa baie beskermend. Nemo word deur ‘n boot opgelaai en al die pad na Australië ontvoer. Die bekommerde pa wend dan ‘n drastiese poging aan om sy seun op te spoor. Die vertoning van die fliek begin om 10:00 by die FNCC Cinema. Toegang is N$5 vir kinders en N$15 vir volwassenes.
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots ‘n groepuitstalling aan, getiteld BOOTH. Met hierdie uitstalling is kunstenaars genooi om grense binne ‘n afgebakende fisieke en konseptuele ruimte uit te daag. Kunstenaars het ‘n ruimte van 2 x 2 m ontvang om hul kuns te vertoon. Hierdie uitstalling kan daagliks by die NAGN besoek word. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste of hul Facebook-blad.
Dinsdag
» The World is Her Universe is ’n uitstalling waarin Candice Salkunga vertroue deur middel van 'n reeks vroulike portrette uitbeeld. Die uitstalling word deur die FNCC aangebied. Salkunga beeld die verskillende persepsies van skoonheid uit in 'n wêreld wat vroulike konsepte van skoonheid, vertroue en perfeksie gestandaardiseer het. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 5 April.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
» Sluit aan by Sunya Beukes, ook bekend as Krayzee Sue, se uitstalling SUE-Realism, wat tans by die FNCC-restaurant te sien is. As 'n lyfskilder, surrealistiese kunstenaar en 'n “student van die lewe” probeer Sunya haar visie en gedagtes oor haar lewe deur haar kunswerke uitbeeld. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad. Toegang is gratis.
Woensdag
» Chris Chameleon en Daniella Deysel is Kat en Wolf. Hierdie multimedia musikale projek is gebore uit die begeerte van beide hierdie kunstenaars om buite die kou van hul gevestigde name op vryer vleuels met beeld, klank en kostumering in die ongewone wildernis van hul verbeelding te sweef. In Kat en Wolf breek Chris en Daniella weg van die konvensie van hul onderskeie liggame en slag die heilige koeie van verwagting, die selfvonnis van beroepsklassifisering en die maak-vir-smaak eise wat gestel word aan diegene wat hulle tot die waan van ‘n lewensvatbare musiekloopbaanbestaan wend. Chris gee ook altyd, êrens in sy vertoning vir gehore die geleentheid om hul gunstelinge te versoek! Kat en Wolf is vanaand by die Warehouse-teater op die planke. Kaartjies is by PayToday, EventsToday of die deure beskikbaar. Die vertoning begin om 19:00.
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
» Die NAGN bied met trots Textiles and Textures aan. Die uitstalling bestaan uit ‘n versameling kunswerke uit die Namibia Arts Association en die NAGN se permanente uitstallings. Die uitgesoekte stukke is van belang ten opsigte van hul gebruik van tekstiel of tekstuur. Ander kunstenaars se stukke sal ook vertoon word. Die uitstalling begin om 18:00 en duur tot 5 Mei.
Donderdag
» New Beginnings is 'n uitstalling wat bestaan uit die studente van die Kollege van die Kunste (Cota) se kunswerke. Hierdie jaar se uitstalling is die negende in die reeks en sal vir die derde agtereenvolgende keer by die NAGN gehou word. Die amptelike opening vind vandag om 18:00 in die NAGN se boonste galery plaas. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 21 April.
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie