Kalender vir 5 April
Nou aan die gang
» Die uitstalling Rescued is die kunstenaar Mateus Alfeus se eerste solo-uitstalling sedert hy sy studies aan die Kollege van die Kunste (Cota) voltooi het. Vir hierdie uitstalling het hy 'n hoop skroot in pragtige beelde omskep. Hy bestudeer die lewe deur vergete stukke geroeste metaal. “Om in 'n wêreld sonder uitdagings of probleme te leef, is 'n surrealistiese droom. Almal moet hulself van enige bande wat hulle mag hê bevry – hetsy fisiek, emosioneel, finansieel en selfs geestelik,” sê Mateus. Rescued is tot 13 April by die Project Room te sien.
» Die Eunic-musiekfees is terug en is vanaand groter, harder en twee keer prettiger as voorheen. Die fees behels optredes van internasionale én plaaslike kunstenaars. Kunstenaars sluit Serious Klein uit Duitsland, Carlão uit Portugal, Simia uit Frankryk, Lioness en KK (Katutura Kid) in. Die aand eindig in styl met liedjies van DJ KBoz en DJ Kunundrum. Kaartjies is by Events Today teen N$100 en N$150 by die deur beskikbaar.
» Vanaand is die immer gewilde Windhoek City Market weer aan die gang. Die mark is die ideale plek om ná 'n besige week jou skoene af te skop en goeie kos en wyn te geniet. Die mark bied 'n verskeidenheid kos- en dekorstalletjies, asook ’n kinderarea. Toegang is N$40 vir volwassenes en gratis vir kinders onder 16.
» Die NG kerk Pionierspark bied môre weer hul gewilde basaar aan. Dis tyd vir lekker eet, vleis, beskuit, koeksisters, pannekoek en sosaties. Daar is speletjies vir die jongspan en selfs ‘n spookhuis. Die basaar begin om 08:00 en kan tot 15:00 besoek word.
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.
Maandag
» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.
» Die Kunsvereniging op Swakopmund bied Symphony of Colours aan. Dié groepuitstalling open môreoggend by die Woermannhaus-galery. Ondersteun plaaslike kunstenaars en waardeer hul oorspronklike kuns.
Dinsdag
» Creations is ’n uitstalling van Namibiese kunstenaars se werk ter viering van 29 jaar van onafhanklikheid. Die projek beoog om kunstenaars uit verskillende agtergronde byeen te bring. Van tradisionele kuns tot hedendaagse werk word uitgestal. Die doel is om ’n wye verskeidenheid dissiplines ’n platform te bied waardeur kunstenaars bande met mekaar kan smee. Creations is tot 3 Mei by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) te sien.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.
- Suiderhof-buurtwag hou hul jaarvergadering om 18:00 by die NG kerk in Suiderhof.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie