Kalkfelders oorhandig klagskrif

Yandi Du Plessis
Enzo Amuele op Otjiwarongo

Die Kalkfeld Boerevereniging het gister tydens ‘n protesaksie op Otjiwarongo ’n klagskrif aan hoofstaatsaanklaer Obert Masendeke oorhandig om kapsie te maak teen borgtog vir veediewe.

Dit volg nadat lede van die boerevereniging op 5 Desember twee vermeende stropers saam met twee medepligtiges suksesvol aangekeer het. Onder die verdagtes is drie mans en een vrou.

Die vier verdagtes was betrokke by die slag en vervoer van gesteelde vleis ter waarde van N$12 000 in ‘n Nissan-voertuig.

Veediefstal en stropery in die Kalkfeld-omgewing het van Januarie tot November vanjaar tot ’n verlies van bykans N$1,3 miljoen gely.

’n Klagskrif wat aanlyn versprei word, is tot dusver deur 1 100 individue onderteken.

Mnr. Volker Kreft, die voorsitter van die boerevereniging, het gesê veediefstal in die gebied is aan die toeneem en dis tyd vir drastiese en onmiddellike optrede.

“Veediefstal raak nie net ons boere nie, maar dit raak ook die hele land, aangesien vee tot die ekonomie van die land bydra,” het hy gesê.

Kreft het verder ’n beroep op al die boere in die omgewing gedoen om aktief saam te werk om skuldiges aan te keer en van stropers op plase ontslae te raak.

Mnr. Günther Kahl, die ondervoorsitter van die Kalkfeld Boerevereniging, sê veediefstal lei tot verhoogde werkloosheidsyfers – nóg ’n rede waarom dit hokgeslaan moet word.

“As hierdie stropers aanhou om ons vee te steel, sal ons noodgedwonge ons werkers huis toe moet stuur, want daar sal niks vir hulle oor wees om voor te sorg nie,” het hy gesê.

Die verdagtes het vandag hul eerste hofverskyning gemaak, waar drie beskuldigdes borgtog geweier is en die vrou op ’n waarskuwing vrygelaat is. Hulle sal hul tweede verskyning op 3 Februarie 2022 maak.

Volgens lt.genl. Sebastian Ndeitunga van die Namibiese polisie is altesaam 3 160 veediefstalsake vir die 2020-’21-boekjaar landswyd by die Namibiese polisie aanhangig gemaak. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!