Kalkoond meer as ’n eeu oud
Alte Kalkofen, wat sowat 90 m wes van Keetmanshoop geleë is, se kalk bakoond is in 1906 deur mnr. George Kötter gebou en spog met die naam “Simplon”.
Kötter was met me. Frieda Müller getroud wat van die dorpie Simplon in Switserland afkomstig was.
Die oond is destyds gebruik om die swart kalkklip wat in hierdie gebied voorkom te bak en wat tydens die proses gebluste kalk gevorm het.
Dié kalk is toe gebruik om stene te maak. Baie van die ou geboue op Lüderitz, Kolmanskop en in die omliggende gebied is met die stene gebou.
Die oond is by die Alte Kalkofen Lodge geleë, waar die treinstasie Simplon ook te vinde is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie