Kalm bly is die beste medisyne
". . . dodeliker as enige kiem."
MINETTE BRINK SKRYF UIT CHINA:
Liewe Namibië
Ek is jammer om te hoor die virus het nou daar ook aangekom.
Ná 60 dae in China sal ek myself beslis nie 'n kenner van die kwessie noem nie, maar ek leef immers nog.
Dis in die mens se aard om te veg of vlug wanneer ons in gevaar is. Maar soms is jy heeltemal verward in jou keuse omdat jy geen idee het wat die presiese aard van die vyand is nie. En in dié geval, 'n onsigbare een. Voeg daarby deurlopende tonne vals nuus en daar het jy dit: Chaos.
Onder geen omstandighede maak ek C-19 as 'n loopneusie en kuggie af nie. Allermins.
Dit versprei teen die spoed van lig, ja. Ons weet dit kan doodmaak, ja. Maar om deur massahisterie verblind te word, is myns insiens dodeliker as enige kiem.
Ek weier om 24/7 in vrees te leef. Dít sou my doodmaak, gouer as 'n verdomde virus. Ek verkies om common sense in te span en 'n paar maatreëls vir moontlike voorkoming.
Die lewe ruk beslis nie nou tot stilstand nie. Maak planne en beweeg.
In China is kindergartens, skole en universiteite steeds toe. Alle klasse word aanlyn aangebied. Dit verg verskeie logistieke aanpassings en aanvanklike frustrasie, maar dit werk en dis die veiligste.
Afleweringsdienste hier ry hulself voos. Dis 'n welkome verligting vir diegene wat nie self inkopies wil gaan doen nie. Dalk is daar entrepreneurs in Nambië wat op die manier kan help, sónder om mense uit te buit.
Ek hoop nie handelaars stoot in hierdie tye hul pryse op nie. Dis onmenslik en siek op 'n ander vlak. In China slaan die polisie blitsvinnig op sulke sondaars toe.
My hart is wel onrustig oor die honderdduisende minder gegoedes in Namibië, diegene wat nie kan bekostig om (onnodig) op te gaar vir maande of tuis te bly totdat als oorgewaai het nie. Waar sal die kos en geld vandaan kom? En as daar wel 'n paar dollar is, waar sal gekoop word as die meer gegoedes binnekort (onnodig) die rakke leeg laat?
Maar dis tog dom om wakker te lê oor kwessies buite my beheer.
Hier is wat ek wel kan doen, en ook vir my kinders gestuur het.
1 Gebruik jou sleutels om hysbakke se knoppe te druk.
2 Moenie aan roltrappe se relings vat nie en stoot deure met jou elmboog oop as dit kan (ja, Seun, ek weet dit lyk koddig).
3 Vee winkeltrollies se handvatsels goed vooraf met 'n sani-lappie mét alkoholbasis af (Namibiese winkels kan dit gerus by ingange gratis verskaf - party het dit, maar die houer is gewoonlik leeg of die lappe uitgedroog).
4 Kontant is vol kieme.
5 Rekenaars se sleutelborde en muise ook - vee af, veral as jou kollega jou rekenaar om een of ander rede moes gebruik.
6 Was jou hande tussendeur of smeer met 'n stewige ontsmettingsmiddel as jy in die openbaar rondbeweeg.
7 Moenie aan jou gesig (oë, mond en neus) karring as jy nie jou hande behoorlik ontsmet het nie. Die ding klim daar in. (Ja, Seun, jou naelbytery is nou 'n dodelike gewoonte. Stop dit.)
8 As iemand nies of hoes sonder om met 'n hand, elmboog of sakdoek te keer, stap vinnig weg of loop 'n wye draai om die persoon.
9 Bly kalm en moenie dit wat die bure, vriende of sogenaamde betroubare bronne op sosialemediaplatforms kwytraak summier as feite aanvaar nie. Daar is 'n tyd vir alles - leef!
10 Drink baie water, eet gesond en doen 'n halfuur se oefening elke dag, al gaan stap jy net 'n ent.
11 As dit moet: Koop eiers, sout, bruismeel en kookolie vir 'n week, nie maande nie. Bak 'n brood!
Dis lente in China.
Mag die lug anderkant die groot waters vinnig weer suiwer wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie