Kalmerende toeps vir Kinders
Daar is nie ’n tekort aan toeps (" apps" ) op die mark wat kinders hiperaktief maak nie.
Elke ouer weet hoe moeilik dit is om ‘n iPad uit ’n kind se hand te wring wanneer dit slaaptyd is. Hier is ’n paar gratis kalmerende opsies wat ’n goeie middeweg bied. Hierdie toeps speel ontspannende musiek of leer vir kinders eenvoudige meditasietegnieke - net wat nodig is om kinders se ogies te laat toeval.
Smiling Mind:
Kinders raak net so maklik soos volwassenes angstig. Hierdie briljante toep help 7- tot 18-jarige kinders om alledaagse spanning te takel deur meditasies wat deur sielkundiges ontwikkel is. Elke sessie begin met ’n reeks vrae om die gedagtes te fokus, gevolg deur eenvoudige en maklik-om-te-volg meditasieoefening. Die doel met gereelde gebruik is dat kinders meer gefokus op skool sal wees en gesonde slaappatrone ontwikkel. Die toep hou ook rekord van vordering wat ’n gevoel van genoegdoening by die kind skep.
Sleep Meditations for Kids:
Omskep slaaptydstories in ontspanningsmetodes met die hulp van yogi en Montessori-onderwyseres Christiane Kerr. Die meditasies (die toep bevat vier stories) is ontwerp om kinders van alle ouderdomme te help om op ? kreatiewe wyse te ontspan.
My First Yoga:
Stel kleintjies aan die kalmerende effek van joga bekend by wyse van hierdie vernuftige flitskaart-toep. Die kleurvolle illustrasies is groot om te aandag te trek (en te hou), die diere geïnspireer fokus en kalmeer angstige gemoedjies terwyl die vertelling bekoorlik en maklike volgbaar is.
Bron: www.goop.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie