Kameeldoringdraai se ienternet
Elvira Hattingh – “Ek kyk oor die boerdery op daai... daai tjoep-goeters van die ienternet...” Oom Jan van Vuuren skuif sodat hy gemaklik teen die plaashek staan, sy voet in ‘n uitgetrapte holte op ‘n stukkie draad.
“Tjoep-goeters? Soos ‘n trekkertjoep, oom?” vra ek. Bietjie aspris, ek weet. Die woeste grysrooi wenkbroue wip-wip en sy snor na-aap hulle.
“Nee man kind. Ek sê mos op die ienternet. Jy weet, daai videotyp-goeters. Soos in die ou dae se videomasjiene, net op die selfoon.”
“O, oom bedoel seker YouTube?”
“Daar roep jy hom nou, my kind! Joeeeetjoep, nie trekkertjoep nie, man!”
Die ander voet se vellieskoen kom in die voetholte tot ruste, met ‘n bietjie beesmis wat afskuur. Hy is duidelik honger vir gesels. Die plaas se stilte vang hom.
“Maar die tjoep-ding sukkel soms met die sein. As ek die ienternet-mekenieks bel, dan sê hulle dis die faaiberkabels. Dis lyk my die ding met die faaiberkabels. Die blessitse ding is altyd iewers af.”
“Nogal waar, oom!”
“In elk geval, hulle sê op die tjoep ook oor die reën. Eers was dit cortina, cortina, maar nou praat hulle ook weer ander goed. Maar ek kan nie die dame mooi hoor nie. Seker ook maar oor die faaiberkabels wat af is.”
“Oom bedoel corona, corona.”
Nou is hy weer aspris. “Jy weet, die kabels laat die vroutjie stotter-stotter soos daai Jou Baaiden op sy helderste dag,” Hy ruil weer voete, die oorspronklike nerf-af vellieskoen nou op die papgeryde draad.
“Nou wat sê hulle oor die reën, Oom Jan?” pols ek.
“Jong, soos ek sê, ek hoor nie. Maar die dametjie wat so stotter, is vir jou nogal aanvallig. Sy het so ’n broeishennetjie-manier van aanlê by die jongmanne, draai al om hulle.”
“Jinne oom...”
“Ai my kind, op my oudag het ek geleer van verlang as daai faaiberkabels breek, want net met hulle kan ek met Klein Jan in Engeland oor die ienternet gesels.
“Só het hy ook die laaste keer met sy Mamma Vuurtjies gesels. Wys jou net, die lewe spaar niemand hartseer nie. Nie eers al sit jy in Engeland en hou vir jou so la-die-da nie,” sê hy. Blessitse kabels!”
“Wat wil oom so dringend gesels, daar is ander maniere ook wat oom kan gesels?
“Ek wil vir hom sê hy moet kom kuier, Kameeldoringdraai wag. Jy weet, brandewyn en vroueraad is goeie dinge, maar jy moet dit bietjies-bietjies gebruik.
“Hy’t nou genoeg ge-la-die-da daar aan die anderkant van die faaiberkabels. Die tyd raak min. Hierdie Cortina het baie van ons kom haal.”
Die growwe plaashande vroetel aan sy ruwe, grysrooi baard.
“En wat sê klein Jan dan, oom?”
“Hy’t baie stories, daai kind, hy gee nie sy mond verniet kos nie. Ek sê net, elke keer as die geskiedenis homself herhaal, gaan die prys op.
Oom Jan se veldskoen sak weer tot op die grond, sy leerhoed sit hy terug op sy kop. “Ek moet ‘n wegmens wees. Jy weet, dis die boer se oog wat die kalf vet maak. Laat dit goed gaan.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie