Kameelperde met nuwe, ‘etiese’ toestelle nagevors
Kameelperde word reeds jare lank in Namibië nagevors en nuwe tegnologie word nou ingespan om dit meer eties te doen.
Ronelle Rademeyer - Nuwe, meer etiese GPS-toestelle aan die sterte van vier kameelperde in die Etosha Nasionale Park en die Ehirovipuka-bewaringsgebied word tans ingespan om belangrike telemetriese inligting vir dié diere se beskerming in te win.
Dit sluit in hoe hulle beweeg, wat hulle eet en hoe hulle optree in gebiede waar mense hul habitat binnedring. Die doel hiervan is om kameelperde wêreldwyd beter te beskerm.
Prof. Morgan Hauptfleisch, hoof van die sentrum vir biodiversiteitsnavorsing aan die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust), sê dié sentrum werk saam met die Kameelperdbewaringstigting (GCF), die Universiteit van Namibië (Unam) se veterinêre skool en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme aan die projek.
Verder geskied dit onder die vaandel van Orycs, ’n Namibies-Duitse navorsingsprojek waarby die Potsdam Universiteit betrokke is.
“Namibië is een van die min plekke waar kameelperde genoegsaam beskerm word – tot só ’n mate dat hulle getalle toeneem. Daarom kan ons as ons hulle bewegings verstaan, weet wat hulle eet en hoe hulle reageer as mense hulle gebied binnedring, dié diere wêreldwyd beter bewaar,” sê Hauptfleisch.
Hy sê die diere se uitsonderlike bouvorm maak dit egter moeilik om GPS-toestelle op hulle te plaas.
“Die GCF was die eerste om GPS-toestelle vir navorsing by kameelperde te gebruik en het die toestelle die afgelope 20 jaar verbeter. In Julie het Nust en die GCF ’n nuwe toestel begin toets wat aan die stert van die kameelperd vasgemaak word. Dit kan die vorige tegnologie wat aan die diere se horings geheg is, vervang.”
Hauptfleisch sê die toestelle aan die horings beskadig maklik wanneer kameelperde baklei en is ook moeiliker om aan te sit.
“Die toestelle aan die stert neem ’n minuut om aan te sit. Aangesien kameelperde nie ’n spesie is wat goed op narkose reageer nie, wil ons hulle so vinnig as moontlik weer op hulle pote hê,” verduidelik hy.
“Die impak van hierdie toestelle op die dier is daar, so uit ‘n eties oogpunt moet die waarde van die inligting die korttermyn trauma op die dier oorskade. Daarom het ons gekyk na nuwe metodes om moniteringstoestelle op diere te sit,” sê Hauptfleisch.
“Ons (Nust) werk al jare lank saam met GCF om kameelperde se bewegings te monitor. Ons probeer vasstel hoe hulle vaar in kleiner, ingeperkte habitatte soos plase teenoor groter habitatte soos natuurreservate om ‘n vergelyking te tref.
“Inperkings het ’n invloed op die diere se stresvlakke. Ons sien dikwels hoe hulle in kleiner omgewings op en af langs heinings loop,” sê hy.
Uit die inligting wat via satellietmonitering ingesamel word, kan die navorsers ook vasstel wat is die plantegroei wat hulle verkies, hulle kan die struikelblokke identifiseer wat die diere se bewegings beperk en ook moontlike plekke identifiseer waar mens-dier-konflik kan voorkom.
Mnr. Jackson Hamutenya, ’n navorser by GCF, sê ná net twee weke van observasie kon hulle vasstel die toestelle aan die sterte werk goed en is doeltreffend in die insameling van inligting. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie