Kamp by die //Huabrivier
Kamp by die //Huabrivier

Kamp by die //Huabrivier

//Huab Under Canvas se tentekamp is tussen die mopaniebome op die oewer van die //Huabrivier genestel.

Dié gebied is die tuiste van onder meer Hartmann-bergsebras, gemsbokke, springbokke, steenbokke, klipspringers, olifante, renosters, gevlekte en bruin hiënas, jakkalse, luiperds en Afrika-wildekatte.

Die tente is op platforms gebou en het en suite-badkamers met spoeltoilette en emmerstorte.

Die tentekamp is semipermanent en is ’n avontuur van ’n ervaring.

Tydens 'n onlangse volhoubaarheidsevaluering deur Eco Awards Namibia het //Huab Under Canvas volpunte in verskeie afdelings behaal.

Hierdie uitstekende prestasie het //Huab Under Canvas laat kwalifiseer om aan die Verantwoordelike Toerisme-toekennings deel te neem, wat deur Namibia Media Holdings (NMH) aangebied word.

Finaliste vir die RTA 2019 sal in Maart aangekondig word en die wenners sal by die amptelike opening van die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) 2019 in Junie aangewys word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!