Kampioen (28) se dood ruk atletiekwu00eareld
Kampioen (28) se dood ruk atletiekwu00eareld

Kampioen (28) se dood ruk atletiekwêreld

Atletiek
Wim Pretorius - Die atletiekwêreld is gister geruk deur die nuus dat 'n voormalige wêreldkampioen in die 400 hekkies, Nicholas Bett, in 'n motorongeluk dood is.

Bett, wat in 2015 in Beijing die eerste Keniaan geword het om goud in 'n kortafstand-item op die wêreldkampioenskap te wen, is Dinsdag in sy geboorteland naby die dorp Nandi dood.

Hy het verlede week nog aan die Afrika-atletiekkampioenskap in Asaba, Nigerië, deelgeneem.

The Telegraph berig dat die 28-jarige op pad huis toe was en tussen die dorpe Eldoret en Kapsabet beheer oor sy voertuig verloor het, waarna hy in 'n sloot ingery het.

Hy is op slag dood.

Talle atlete het gisteroggend hul hartseer op sosiale media gedeel.

“Rus in vrede, my vriend. Dankie vir al die herinneringe,” het die Suid-Afrikaner en voormalige Statebondkampioen LJ van Zyl op Instagram gesê.

“Ons wil ons meegevoel met sy familie en ook die atletiekgemeenskap betuig,” het Atletiek Kenia in 'n twiet gesê.

Bett het 'n persoonlike beste tyd van 47.79 sekondes in die 400 m-hekkies gehad.

Die Internasionale Assosiasie van Atletiekfederasies (IAAF) het die nuus op sy Twitter-blad gedeel.

“Die IAAF is baie hartseer en geskok om te hoor dat Kenia se 2015-wêreldkampioen in die 400 m-hekkies, Nicholas Bett, Dinsdag in 'n motorongeluk dood is. RIV,” lui die boodskap.

Bett se landgenoot Mercy Cherono, wat in 2014 die goue medalje in die 5 000 m op die Statebondspele in Glasgow verower het, het ook haar skok uitgespreek.

“My innige simpatie aan sy gesin. Ons gebede en gedagtes is met julle in hierdie moeilike tyd,” het sy getwiet.

Bett het vroeër vanjaar agtste geëindig in die eindronde van die 400 meter hekkies op die Statebond­spele wat in Australië se Goudkus gehou is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!