Kampioen eers by valbylputjie onttroon
Kampioen eers by valbylputjie onttroon

Kampioen eers by valbylputjie onttroon

Gholf
Andrew Poolman
Gabriel Shikodi van die Windhoek Buiteklub het die naweek waardevolle punte op die merietelys van die Namibiese Amateur Gholfunie ingepalm met sy naelskraapse oorwinning in die FNB Kus Ope.
Shikodi het op die Walvisbaai gholfklub se baan ’n valbylputjie nodig gehad om die aanslag van die verdedigende kampioen Kevin Wentzel van die gasheerklub af te weer.
Albei dié spelers het die 54 putjies oor twee dae met 226 houe voltooi. Shikodi het daarna op die eerste valbylputjie die kampioenskap beklink.
Die twee het mekaar goed opgekeil met die ander uitdagers in die A-afdeling, soos die kusstreek se Stephanus Bonifatius en Likius Nande, wat nie enduit die pas kon volhou nie.
Altesame 36 spelers van klubs oral in die land het vir die toernooi ingeskryf wat vir spelers punte op die nasionale merietelys tel.
Die naweek se ander uitslae:
Algeheel, beste netto: 1 Michael Hoeseb (217, Windhoek Buiteklub), 2 Gert Olivier (218, Walvisbaai).
A-afdeling (54 putjies): Beste bruto: 1 Likius Nande (231, Rössmund), 2 Stephanus Bonifatius (231, Rössmund). Beste netto: 1 Dennis Haimbondi (218, Rössmund), 2 Willem Hanamub (221, Tsumeb).
B-afdeling (54 putjies): Beste bruto: 1 Steven Djuella (249, Tsumeb), 2 Titus Howaeb (255, Tsumeb). Beste netto: 1 Teodor Haimbondi (218, Rössmund), 2 Helmut Ndjendja (225, Rössmund).
C-afdeling (36 putjies): Beste bruto: 1 Sonny Ndalumbo (168, Oshakati), 2 Wayne Hart (168, Walvisbaai). Beste netto: 1 Hans Haraseb (138, Windhoek Buiteklub), 2 George Gariseb (140, Windhoek Buiteklub).
• Die klubkampioenskap van die Windhoek Buiteklub is komende naweek een van die toernooie wat op plaaslike spelers se kalender aangeteken is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!