Kampioen Gaby Ahrens vir oulaas vereer
Kampioen Gaby Ahrens vir oulaas vereer

Kampioen Gaby Ahrens vir oulaas vereer

Kleiduifskiet
Tielman van Lill
Die Namibiese Kleiduifskietver­eniging het onlangs met sy algemene jaarvergadering die 2016 nasionale kampioene in verskeie afdelings vereer.

Wisseltrofeë is aan Gaby Ahrens (Olimpiese knakvuur), Ian Kriel ("auto ball”) en Johan Venter (Amerikaanse knakvuur) oorhandig.

Ahrens, wat verlede jaar uitstekende peil gedurende 'n lang seisoen getoon het, het Namibië in Rio de Janeiro by haar derde Olimpiese Spele verteenwoordig, waarna sy haar uittrede aangekondig het.

Vir die Namibiese kampioenskap het Venter en Oliver Hoffmann onderskeidelik die tweede en derde plekke ingeneem.

In die “auto ball” afdeling was dit Hoffmann en Venter wat mekaar opgedreun het, voordat die jeugdige Hoffmann die tweede posisie voor Venter opraap, terwyl Kriel as die kampioen bekroon word.

Venter was die mees konstante skut in al drie dissiplines gedurende 2016. Hy het met die Amerikaanse knakvuur-kategorie (ATA) goud opgeraap, met Mike Pinsenschaum as die silwermedaljewenner en Frank Dahl wat brons om sy nek hang.

Die resultate vir 2016 is gedurende drie kompetisies bepaal. Omrede die skietbaan van die Namibiese Kleiduifskietvereniging binne die grense van die weermagbasis by Luiperdsvallei geleë is, het hulle gesukkel met toegang tot die venue en minder geleenthede was aangebied.

Die vereniging het vir Ahrens gelukgewens met die vele prestasies in haar loopbaan wat die land op die voorgrond geplaas het. Sy het Namibië by drie Olimpiese Speles verteenwoordig, was twee keer as die Afrika-kampioen bekroon en het brons by die 2010 Statebondspele in Delhi, Indië, opgeraap.

Ahrens was Namibië se vlagdraer by die 2012 Olimpiese Spele in London en was as sportvrou van die jaar vereer.

Ahrens, wat vandag 36 jaar oud word, was 'n ware ambassadeur vir haar land en sport.

“Gaby het ook as sekretaresse van die NKSV bedank en die nuwe uitvoerende komitee aanvaar haar uittrede. Ons wil haar vir baie jare se diens bedank en wens haar sterkte toe,” sê die Kleiduifskietvereniging se verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!