• Tuisblad
  • Sport
  • Kampioen onskuldig ná blaps met opkikkertoetsing
Kampioen onskuldig nu00e1 blaps met opkikkertoetsing
Kampioen onskuldig nu00e1 blaps met opkikkertoetsing

Kampioen onskuldig ná blaps met opkikkertoetsing

Atletiek
Wim Pretorius – Salwa Eid Naser, Bahrein se 400 meter-wêreldkampioen, is kwytgeskeld van ’n potensiële skorsing in ’n opkikker-saak wat haar uit volgende jaar se Olimpiese Spele in Tokio kon gehou het.
Naser het ’n toets vir die gebruik van opkikkers misgeloop, wat’n tribunaal van Wêreldatletiek daaraan toegeskryf dat die toetsbeampte die pad byster geraak het en aan ’n stooreenheid se deur geklop het, eerder as aan haar woonsteldeur.
“Dit was ’n saak wat ’n grensgeval was,” lui die verslag.
Naser, wat verlede jaar in Doha die 400 m-titel in 48.14 sekondes verower het, is op 4 Junie voorlopig geskors totdat op ’n verhoordatum besluit kon word nadat sy binne ’n tydperk van 12 maande drie opkikkertoetse gemis het.
Atlete kan normaalweg vir tot twee jaar geskors word indien hulle hieraan skuldig bevind word.
Naser het egter deurlopend volgehou dat al die toetse wat sy gemis het voor verlede jaar se Wêreldkampioenskap in Doha was, waar sy die derde vinnigste tyd nog en die vinnigste in 34 jaar gehardloop het.
Naser het destyds deurgeloop nadat sy op sosiale media gesê het dit is “normaal” om drie opkikkertoetse mis te loop.
Ná die verhoor, wat op 6 Oktober gehou is, het Wêreldatletiek se tribunaal gesê Naser is onskuldig wat betref een van die toetse wat sy sedert 12 April 2019 gemis het.
Luidens die verslag was die toetsbeampte wat haar daardie oggend moes toets, omvergegooi deur die “ongelooflike deurmekaar nommerstelstel” wat op die gebou se deure was. Haar adres was glo ook verkeerd in die stelsel.
Die verslag het ook gewys dat Naser op 24 Januarie 2020 ’n vierde toets gemis het, maar dit val buite die venstertydperk van 12 maande sedert haar eerste oortreding. Die venstertydperk het op 1 Januarie 2019 in werking getree.
– Netwerk24

FOTO
Salwa Eid Naser steek die wenstreep eerste oor op verlede jaar se Wêreldkampioenskap in Doha. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!