Kampioen soos 'n berg voor African Stars
Die uitdaging is groot vir die Namibiërs om 'n impak op die kontinentale klubkompetisie te maak.
Tielman van Lill - Momentum African Stars van Windhoek sal sy aanslag op die CAF Konfederasiebeker met twee wedstryde teen Raja Club Athletic (RCA) van Casablanca, Marokko, afskop.
Stars (die Samba Boys) is ná hul mislukte veldtog teen Orlando Pirates van Suid-Afrika in die CAF Kampioeneliga na die Konfederasiebeker se uitspeelronde gerelegeer.
Die Samba Boys se naam is Vrydag in Tunisië in 'n loting van die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) teen die heersende kampioenspan getrek.
Stars se eerste botsing teen die 69 jaar oue klub vind tuis in die hoofstad op 11 Januarie by die Sam Nujoma-stadion plaas. Raja sal 'n week later op 18 Januarie die gasheer by die Stade Mohamed V-stadion met sy 70 000 sitplekke vir die Samba Boys wees.
Net die wenner sal na die groepronde vorder, waar die spanne in vier groepe sal meeding.
Raja se elf oorwinnings en 34 doele in die 2018 Konfederasie-bekerreeks is 'n fenomenale rekord op die Marokkane se getuigskrif. Dus sal Raja soos die spreekwoordelike berg voor Stars uittroon.
Genadiglik is Bobby Samaria, hoofafrigter, en sy Stars-span se eerste botsing voor hul tuisskare. Met dié ontmoeting op 'n Vrydagaand sal daar hopelik meer ondersteuners in die Sam Nujoma-stadion wees om Stars aan te moedig as wat die geval teen Orlando Pirates (RSA) was.
GESOUTE AFRIGTER
Samaria sê tereg dat enigiets in 'n sokkerwedstryd moontlik is, maar hy is versigtig optimisties oor sy span se kanse teen die uiters ervare Raja wat steeds deur die 49-jarige Juan Carlos Garrido afgerig word.
Die Spanjaard het in 2014 ook die Egiptiese reuse Al Ahly na die Konfederasie-titel geneem. Hy het ook vir Villareal in La Liga, asook Club Brugge (België) afgerig.
“Hulle (Raja) weet wat dit verg om die Konfederasiebeker te wen. Hulle speel al vir jare in die kompetisie, dus beskik hulle oor spelers met hope ervaring. Raja is nie per ongeluk die verdedigende Konfederasie-bekerkampioen nie.
“Dit sal 'n berg wees wat ons moet uitklim, maar ons sal wel 'n plan beraam. Ons sal 'n strategie moet uitwerk om hulle te klop, want in sokker is enigiets moontlik.
“Die spanne van Nood-Afrika fokus geweldig baie op spanwerk. Die span werk as 'n eenheid en dit is wat hulle gevaarlik maak, want jy kan nie teen hulle 'n enkeling uitsonder om op te konsentreer nie. Enige van hulle kan jou laat boet,” het Samaria gesê.
Stars en Raja is deel van die 30 klubs wat in die uitspeelrondres van die Konfederasiebeker gaan meeding.
Die ander spanne soos hulle Vrydag in Tunisië geloot is:
Gor Mahia (Kenia) teen New Star (Kameroen), Al Ahly Benghazi (Libië) tn Nasr Athlétique de Hussein Dey (Algerië), Al-Hilal (Saudië Arabië) tn Mukura Victory (Rwanda), Nkana (Zambië) tn San-Pédro (Ivoorkus), Coton Sport (Kameroen) tn Asante Kotoko (Ghana), Zesco United (Zambië) tn Kaizer Chiefs (Suid-Afrika), Stade Malien (Mali) tn Petro Atlético (Angola), Renaissance Sportive de Berkane (Marokko) tn Association Sportive et Culturelle Diaraf (Senegal), Club Sportif Sfaxien (Tunisië) tn Vipers (Uganda), Zamalek (Egipte) tn Ittihad Riadi Tanger (Marokko), Kampala Capital City Authority (Uganda) tn Association Sportive Otôho (Kongo), Bantu (Lesotho) tn Enugu Rangers (Nigerië), Al-Nasr (Libië) tn Salitas (Burkina Faso), Jimma Aba Jifar (Ethiopië) tn Hassania Agadir (Marokko).
- Bykomende inligting Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie