Kampioene Malan en Nel stel visier op Pole

Boogskiet
Andrew Poolman
Die eerste gekeurde vroueskutter Ilana Malan het Babette Taljaard in die uitskakelings oorheers en Louw Nel het hom ingegrawe in die topposisie op die Namibiese ranglys ná die afgelope naweek se tiende jaarlikse nasionale boogskietkampioenskap.

Nel en Malan het by die SKW-skietbaan albei hul eerste posisies verdedig, met Malan wat vir die vyfde agtereenvolgende jaar koning kraai as Namibiese kampioen!

Beide is tans besig om voor te berei vir die Wêreldspele in Wroclaw in Pole, waar hulle in Juliemaand teen die beste boogskutters ter wêreld sal meeding.

Boogskutters (“recurve” en saamgestelde boog) was in Windhoek byeen vir die nasionale teikenboogskietkampioenskap wat Sondagmiddag bekroon is. Die aksie het Saterdagoggend begin met ’n volle 1440 rondte in relatief kalm toestande, maar het Saterdagmiddag met wind tot 23 km/h geëindig.

Talle nuwe skuts het hul vernuf beproef op afstande wat wissel van 20 meter tot 90 meter.

Vir Sondagoggend se 720 rondte was dit windstil. ’n Totaal van 29 skutters het kragte gemeet op afstande tussen 30 en 60 meter om as die Namibiese teikenboogkampioen vir 2017 bekroon te word. ’n Goeie atmosfeer het oor die hele kompetisie geheers, maar vreemd genoeg het verskeie gebreekte boë die skutters se welslae in beide afdelings geteister.

Die uitslae was soos volg:

‘Recurve’ meisies onder 15: 1 Danielle Esterhuizen.

‘Recurve kadetvroue: 1 Quinn Reddig.

‘Recurve’ kadetmans: 1 Adriaan Grobler, 2 Morne Meyer, 3 CF Brand.

Saamgestelde boog seuns onder 13: 1 Mathys du Preez.

Saamgestelde boog meisies onder 13: 1 Nanda Schoeman.

Saamgestelde boog kadetmans: 1 Dirk de Bod, 2 Duan Engelbrecht, 3 Gideon Brink.

Saamgestelde boog kadetvroue: 1 Lindie Schoeman.

Saamgestelde boog junior mans: 1 Heinrich Joubert, 2 Waldo van Wyk, 3 Dorian Esterhuizen.

Saamgestelde boog meestermans: 1 Moritz Hoff.

Saamgestelde boog vroue: 1 Ilana Malan, 2 Babette Taljaard, 3 Liezl Schoeman.

Saamgestelde boog mans: 1 Louw Nel, 2 Louan Groenewald, 3 Goets Nederlof.

Beste vordering trofee: Duan Engelbrecht.

Hoogste gekombineerde telling (1440 en 720): Louw Nel.

Robin Spot Trofees: Vroue: Ilana Malan. Mans: Waldo van Wyk. Seuns: Christiaan Louw. Meisies: Danielee Esterhuizen

• Louw Nel en Ilana Malan het by die onlangse SA nasionale kampioenskap ook besonder goed presteer en het die Suid-Afrikaners in die gemengde spankompetisie geklop.

Sukses in boogskiet is ’n lang proses, maar die twee skutters werk voorwaar baie hard om Namibië te verteenwoordig en is altyd aan die verbeter.

Nel se uitslae het die afgelope ses maande met rasse skrede verbeter. Hy het Sondag op sy afstand van 50 meter geëindig het met ’n totaal van 695 uit 720.

• Die Boogskietvereniging van Namibië (AAN) het ook laas Donderdag sy jaarvergadering by Heja Lodge gehou. AAN is een van die kleiner federasies wat by die Namibiese Sportkommissie geregistreer is, maar die huidige raadslede is almal toegewyd om die sport plaaslik en internasionaal te bevorder.

• Die volgende teikenboogskietkompetisie is die Dornhugel Guestfarm Shoot op 15 Julie by die Tsumeb-klub. Inskrywings kan aan [email protected] gestuur word. Groot pryse is op die spel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!