Kampioene na vore, maar niemand wêreldklas
Atletiek
Andrew Poolman - 'n Verrassing hier en daar, maar meestal die bekende name wat oorheers het.
Dit was in kort die storie van Atletiek Namibië se nasionale kampioenskap wat Vrydag en Saterdag in die Onafhanklikheidstadion afgehandel is.
In die 100 meter het Jolene Jacobs op indrukwekkende wyse haar titel vir die vierde opeenvolgende jaar behou, terwyl Dantago Gurirab ná sy afwesigheid met 'n besering verlede jaar teruggekeer het om die kort naelloop vir die vyfde maal te verower.
Een van die mees kompeterende wedlope was die 400 meter vir mans. Ernst Narib was die gunsteling ná sy vorige oorheersings in 2013, 2014, 2016, 2017 en 2018.
Hierdie keer het Mahmad Bock egter met groot vasberadenheid die moordende baanrondte in 46 .56 afgelê om die goue medalje voor Narib weg te raap. Narib, wat reeds die 200 meter titel gewen het en ook las van 'n seer dyspier ondervind het, het dadelik sy nasionale spanmaat met 'n hartlike omhelsing gelukgewens.
Ryan Williams se triomf in die diskusgooi was die derde keer op 'n streep dat hy hierdie dubbele prestasie behaal het, asook die tweede keer in drie jaar dat hy die gewigstoot gewen het. Die oudskolier van Gobabis Gimnasium is die nasionale rekordhouer in beide items vanaf o.15- tot o.19-vlak.
Emmanuel Samantu was wel die verdedigende kampioen in die hoogspring, maar sy triomf teen Wencuslaus Klaasman was ietwat teen die verwagting in nadat laasgenoemde die afgelope tyd goed op dreef was. Samantu het op 2.08 meter geslaag, terwyl Klaasman se hoogste sukses op 2.05 was.
By die vroue was daar opnuut dubbele titels vir Tjipekapora Herunga (200 en 400) asook Natalie Louw (verspring en hoogspring). Louw se wenhoogte van 1.71 meter was een van die beter pogings van die afgelope jare.
HERSTELTYD IS MIN
Ongelukkig kon geen baan- of veldatleet die naweek kwalifikasies vir die groot Afrika- of wêreldbyeenkomste behaal nie.
Die Namibiese nasionale atletiekkampioenskap is Saterdag binne vyf ure afgehandel – of sewe, indien 'n mens die twee ure Vrydag vir die 400 hekkies en 10 000 meter-wedlope wil bytel.
Dit laat dus veel minder tyd vir behoorlik uitrus vir byvoorbeeld naellopers wat meer as een item se uitdunne en finale moes aanpak. Juis vanweë hierdie vereiste skeduleer groot atletieklande byvoorbeeld Suid-Afrika en Amerika hul nasionale kampioenskappe oor minstens twee dae.
Me. Leoni van Rensburg, een van die organiseerders, sê: “Op die nasionale kampioenskap moet seniors begin spesialiseer in een item.
“Op internasionale vlak hardloop 100 en 200 atleet byvoorbeeld hul uitdun en finaal binne 'n uur op dieselfde dag, soos by die Statebond- of wêreldkampioenskap
“In 400 en 800 meter word wedlope wel oor twee dae gehou, maar ons het in die meeste naellope nie een agt atlete wat die kwalifiserende standaard vir die nasionale byeenkoms gehaal het nie (wat nie eens besonder hoog is nie).”
Volgens Van Rensburg is die geldtekort ook 'n bydraende faktor. “Ons moet die stadion en die BBP-area huur. Die stadion en die toilette moet vooraf met skoonmaakmiddels en arbeid op eie koste skoongemaak word met
“Gif teen die mierplaag kos ook geld en die gras is die afgelope twee jaar nie deur die regering gesny nie, maar deur individuele mense.
“Twee dae se huur en verblyf van atlete kos ook meer geld, asook beamptes, sekuriteit ensovoorts.
“'n Korter, kragte byeenkoms is gewoonlik ook aanskouliker. Maar dis die waarheid dat die korter hersteltyd dinge moeiliker maak.”
“Die 200 was op versoek van atlete net 'n finaal, maar die program wad nie toe verkort nie.
“Dit sou baie lekker gewees het om Vrydagaand vier ure en Saterdagmiddag en -aand vier ure byeenkoms te hou, maar dit sou die koste van meer as N$200 000 verdubbel.
“As die regering met verblyf en vervoer en 'n netjiese skoon baan kan bydra, sal dit reeds baie help.”
Die voorste uitslae was soos volg (atlete van Khomas, tensy anders aangedui):
VROUE
100 meter: 1 Jolene Jacobs 11.80, 2 Globine Mayova 12.33, 3 Johanna Ludgerus 12.41.
200 meter: 1 Tjipekapora Herunga 24.62, 2 Ané Rautenbach 25.06, 3 Chantelle du Toit 25.67.
400 meter: 1 Tjipekapora Herunga 54.48, 2 Ané Rautenbach 56.18, 3 Tuuliki Angala (Oshana) 58.68.
800 meter: 1 Salmi Ndiviteko 2:18.34, 2 Ané Rautenbach 2:19.63, 3 Shekupe Gustaf (Ohangwena) 2:19.69.
1500 meter: 1 Salmi Ndiviteko 4:50.02, 2 Josephine Dumeni (Oshana) 4:53.53, 3 Sarafina Immanuel (Oshana) 4:56.82.
5000 meter: 1 Kalinasho Matana (Oshana) 19:17.56, 2 Rauna Lucas (Oshana) 20;04.21, 3 Romy Gros (Erongo) 22:27.93.
10 000 meter: 1 Kalinasho Matana (Oshana) 39:25.07, 2 Shivomwene Shilongo 40:43.79, 3 Rauna Lucas (Oshana) 41:52.31.
100 meter hekkies: 1 Chrislene Klein-Nienaber (Erongo) 15.43, 2 Natalie Louw 15.63, 3 Mariska Topnaar (Hardap) 19.54.
400 meter hekkies: 1 Mariska Topnaar (Hardap) 1:12:05, 2 Chantelle Louw 1:14.24, 3 Cindy Huber 1:16.12.
Hoogspring: 1 Natalie Louw 1.71, 2 Chrislene Klein-Nienaber (Erongo) 1.65, 3 Ida-Marie Smeer 1.55.
Verspring: 1 Natalie Louw 5.65, 2 Globine Mayova 5.36, 3 Chantelle du Toit 5.25.
Driesprong: 1 Kay-Lee Cloete 10.04, 2 Mariska Topnaar (Hardap) 9.98, 3 Deidre Diergaardt 9.85.
Gewigstoot: 1 Karlien Botha 11.48, 2 Virginia Kujandeka 11.41, Natalie Louw 10.56.
Diskusgooi: 1 Chriselda Jenkins 38.13, 2 Karlien Botha 37,.82, 3 Vasti Schultz 26.04.
Spiesgooi: 1 Roché Venter (Erongo) 36.11, 2 Wilme Els (Erongo) 33.02, 3 Shanie Burger 31.44.
MANS
100 meter: 1 Dantago Gurirab 10.57, 2 Chenoult Lionel Coetzee (Erongo) 10.65, 3 Even Tjiviju 10.75.
200 meter: 1 Ernst Narib 20.99, 2 Sydney Kamuaruuma 21.13, 3 Warren Goreseb 21.26.
400 meter: 1 Mahmad Bock 46.56, 2 Ernst Narib 47.26, 3 Thasiso Aochamub (Omaheke) 47.45.
800 meter: 1 Daniel Nghipandulwa 1:53.81, Uhorera Mavenjono 1:55.17, 3 Eugene van Kradenburg 1:55.85.
1500 meter: 1 Jeremiah Shaliaxwe 3:55:06, 2 Lisias Teofelis (Oshana) 3:59.09, 3 Simon Paulus (Ohangwena) 4:03.06.
5000 meter: 1 Kefas Kondjashili 14:41.89, 2 Uveni-Nawa Kuugongelwa 14:57.62, 3 Simon Paulus (Ohangwena) 15:01.59.
10 000 meter: 1 Daniel Paulus (Ohangwena) 31:21.34, 2 Mynhardt Kauanivi 31:30.61, 3 Stefanus Kaudinge 31:44.36.
110 meter hekkies: 1 Mell Theunissen 16.65, 2 Gayden Louw (Hardap) 17.42, 3 Mbitjita Kaeka 17.64.
400 meter hekkies: 1 Warren Goreseb 56.51, 2 Mbitjita Kaeka 58.59, 3 Deevan Mathys 59.65.
Hoogspring: 1 Emmanuel Samantu 2.08, 2 Wencuslaus Klaasman 2.05, Renaldo Shaningwa 1.90.
Verspring: 1 Sandro Diergaardt (Hardap) 7.41, 2 Chenault Lionel Coetzee (Erongo) 7.35, 3 Aston Mukwiilongo (Erongo) 6.51.
Driesprong: 1 Gregg Makari 14.43, 2 Don Andreas (Hardap) 14.10, 3 Ginaldo Kisting 13.90.
Gewigstoot: 1 Ryan Williams 14.08, 2 Jaco Labuschagné 12.53, 3 Leeorr-el Breytenbach 12.29.
Diskusgooi: 1 Ryan Williams 45.51, 2 Leeorr-el Breytenbach 41.79, 3 Ludwig Huber 34.57.
Spiesgooi: 1 Johan (Pikkie) Smit 59.13, 2 Ludwig Huber 51.24, 3 Manie Viljoen 48.92.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie