Kampvegters vir mediavryheid
Die media en voorstanders van 'n vrye media maak gereed vir 'n belangrike konferensie.
Augetto Graig
Die voortdurende stryd om mediavryheid wêreldwyd bereik op 3 Mei 'n hoogtepunt en uit Namibië, Afrika se kampvegter van vrye media, is legendes aan die voorpunt om die verspreiding van inligting te bevorder.
Gwen Lister en Toivo Ndjebela is deur die Redakteursforum van Namibië (EFN) afgevaardig om die voortou te neem en die herdenking van die Windhoek Deklarasie aan die wêreld bekend te stel.
Op die dertigste herdenking van dié Deklarasie sal die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco) se jaarlikse skouspel vir die vryheid van die media terug na Windhoek kom wanneer Wêreldpersvryheidsdag by die Safari Court Hotel gevier word.
“Die Namibiese media is trots om Gwen en Toivo as ons woordvoerders, gedurende hierdie merkwaardige tyd in die geskiedenis van ons bedryf en van die wêreldwye mediasektor, voor te stel,” sê die EFN se voorsitter, Frank Steffen.
Lister is die voorsitter van die Namibia Media Trust, stigtersredakteur van The Namibian en ontvanger van verskeie internasionale mediavryheidstoekennings veral ná prestasies met 'n onafhanklike koerant gedurende apartheidstye.
Ndjebela is 'n loopbaanjoernalis, die huidige redakteur van Namibian Sun en het meer as 14 jaar by verskeie privaat en staatsmedia in Namibië gewerk.
“Hulle sal unieke insigte kan deel oor hoe hulle die seismiese verskuiwings binne die joernalistiek en mediavryheid oor die laaste drie dekades oorkom het, en wat hulle reken die toekoms vir ons inhou,” sê Steffen.
Lister was ook saam met wyle Pius Njawe van Kameroen die medevoorsitters van die Unesco-seminaar wat op 3 Mei 1997 plaasgevind het en waar die Windhoek Deklarasie aanvaar is.
ROLMODEL
“Nie net het Namibië die wêreld die geskenk van die Windhoek Deklarasie gegee nie, maar die land kan ook as 'n positiewe rolmodel vir vrye media in Afrika en elders gesien word.
“Ons bedank Gwen en Toivo vir hul beskikbaarheid om as ons kampvegters te dien en sien uit na hul vertellings van die werklikhede wat joernaliste in die strewe tot inligting vir openbare vooruitgang in die gesig moet staar,” voeg Steffen by.
Die konferensie vir vanjaar se Wêreldpersvryheidsdag sal gedeeltelik virtueel en gedeeltelik in persoon 'n beperkte aantal joernaliste en ander media van oraloor die wêreld vanaf 1 tot 3 Mei bymekaarbring.
Die konferensie sal volg op verskeie feesvieringe wat deur die regering en Unesco beplan word in die aanloop tot die herdenkingsdag.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie