Kan afname in kosvermorsing druk op hulpbronne verlig?
Dr. Kobus Laubscher - Daar is ’n verskil tussen voedselverliese en kosvermorsing.
Eersgenoemde dui op verliese tydens oes en verwerking – tot soveel as 40% gaan in ontwikkelende lande só verlore.
Dieselfde persentasie voedsel gaan in ontwikkelde lande verlore omdat dit ongeëet in asblikke van huishoudings, eetplekke en die handel beland. Tot een derde van alle voedsel gaan so verlore. Dit is gelykstaande aan ’n geraamde 1,3 miljard porsies kos of meer as die helfte van die wêreld se graanproduksie.
Vir Europa en Noord-Amerika word dié verliese geraam op 95 tot 116 kg per persoon en in Afrika suid van die Sahara en Suid- en Suid-Oos-Asië beland 6 tot 11 kg per inwoner ongeëet in asblikke.
Vermorsing in die VSA alleen beloop US$218 miljard of 1,3% van die BBP en ’n geraamde 1,4 miljard hektaar se kosproduksie is wêreldwyd in gedrang. Dit is meer as die landoppervlakte van China.
Anders gestel, beteken dit dat 30% van die landoppervlakte wat tans vir kosproduksie aangewend word, se produkte nooit die verbruiker bereik nie. ’n Geraamde 2 miljard ondervoede mense kan met verliese van dié omvang gevoed word, maar nog belangriker is dat vir elke 20% besparing aan verliese, kan ’n bykomende 870 miljoen honger mense se mae gevul word.
As verliese in Latyns-Amerika en Afrika bekamp kan word, kan ’n addisionele 600 miljoen mense kos kry, sê die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO). Daar is dus baie werk deur voor Afrika se eie deur te begin vee, maar so ’n strewe kom ook met ’n waarskuwing ten opsigte van perspektief.
Die kosverliese wat verminder word, moet altyd meer werd wees as die koste om dit te verminder en hierin faal baie goedbedoelende hulporganisasies dalk. Op meer praktiese vlak dui enige vermorsing op sub-optimaliteit.
Volgens die FAO gaan 21% van alle vars water verlore en 19% van alle kunsmis word vermors as gevolg van óf voedselverliese en/of voedselvermorsing.
OMGESKAKEL IN KOMMODITEITE
Produkte wat die plaashek verlaat, word omvorm tot verbuikbare kommoditeite deur middel van ’n legio van dienste en produkte wat in dié proses aangewend word.
Die sogenaamde bemarkingsmarge verduidelik die verskil tussen plaashekprys en verbruikersprys en namate verbruikers se behoefte verander, word meer en meer waarde toegevoeg in die waardeketting.
Die verskil bestaan uit koste en wins, want enige verwerking is geregtig op regmatige vergoeding. In die meeste gevalle is boere prysnemers en is die vraag na sy produkte ’n afgeleide vraag.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bemarkingsraad publiseer gereeld verslae oor die verloop van die bemarkingsmarge en die produsente-aandeel in die verbruikersrand. Gewoonlik daal laasgenoemde namate die sofistikasie van die verbruik toeneem.
Meer toegevoegde waarde word verkoop in die finale vraagproduk as die plaas-ekwiwalent van die betrokke produk. Die jongste ontledings van dié raad dui op die impak van die huidige veranderings op plaasvlak.
Wat graad A2/A3-lam betref, het die plaaswaarde toegeneem tot meer as 82% in April vanjaar ten spyte van die 4,5 daling van Februarie tot April. Die bemarkingsmarge was in April vanjaar gemiddeld R13,31 per kg of bykans 29% meer as in Februarie 2017.
Dié tendens dui op die mate wat die handel die styging in plaashekpryse geabsorbeer het, want die mark sal nie die huidige plaashekpryse kan bekostig nie, sou normale marges in die handel geld.
In die geval van graad A2/A3-beesvleis, was produsente slegter daarna toe as in die geval van lam, want die plaaswaarde van wat die verbruiker betaal, is in April vanjaar geraam op net minder as R60. Dit beteken dat die marge van Februarie tot April 2017 met amper 3% tot R30,78 afgeneem het. Die plaaswaarde van die finale vraag produk het egter met 4,3% toegeneem oor dieselfde tydperk.
Wat die verbruik van mielies betref, is daar baie goeie nuus. Die bemarkingsmarge van 5 kg Super-mieliemeel het van R4 141 per ton in Februarie afgeneem tot net meer as R3 000 per ton. Die plaaswaarde was net minder as 55% in Februarie, maar het toegeneem tot amper 65% in April, met geringe toename in die marge vir die jaar tot April 2017.
Die skerp daling in die bemarkingsmarge is die gevolg van dalende plaashekpryse, maar die persentasie styging in die plaaswaarde dui daarop dat die handel self die impak van dalende plaashekpryse absorbeer.
Dit kan produsente help om die impak van die rekordoes op hande op plaaspryse te versag, maar dit sal bepaald nie volhoubaar wees uit die oogpunt van die verwerkers nie. Daarmee saam kry verbruikers die voordeel van dalende plaashekpryse.
Alhoewel pryse belangrik is by keuse van verbruik, is ontsag vir die produk in terme van oorsprong en koste binne die hele waardeketting noodsaaklik. Verbruikers sal tot ’n groter mate moet waak om nie te mors met kos nie en behoort daarop aan te dring dat dieselfde respek nodig is in die prosesse betrokke van plaashek tot winkelrak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie