Kan diu00e9 ou 'glorie' herleef?
Kan diu00e9 ou 'glorie' herleef?

Kan dié ou 'glorie' herleef?

Dani Booysen
Drie dekades gelede het Namibiese rugby, nog onder die vaandel van die ou SWA, van sy grootste suksesse beleef.

Gister, 21 Mei, was die verjaardag van kaptein Gerhard Mans en sy span se legendaries 24-21 oorwinning teen die Westelike Provinsie op 'n reëndeurdrenkte Nuweland. In Republikein was dit voorbladnuus.

In dieselfde Curriebeker-seisoen het SWA Transvaal op Ellispark gewen (25-22) en met 'n skrale twee punte (16-18) op Loftus Versfeld teen Noord-Transvaal verloor.

Celebrating the 1st Century of Rugby in Namibia, wat vanjaar verskyn het, beskryf daardie jare as tye van “guts and glory”.

Sedert die vereniging en bevryding van rugby, wat hand aan hand met die res van Namibië se geskiedenis geloop het, is talle ander mylpale en trotse oomblikke aangeteken.

Sal die glorie van 1988 egter op die vlak van provinsiale kompetisie kan herleef? Om sonder meer “nee” te sug, sal wees om onsself in die voet te skiet.

Nie net rugby nie, maar die beoefening, afrigting en bestuur van alle sporte het die afgelope drie dekades dramaties en onherroeplik verander. Sport is vandag 'n wetenskap, professie en besigheid.

Die antwoord lê nie daarin om die hede voortdurend kwetsend met die verlede te vergelyk nie. Soos dikwels ook op ander fronte gedoen word.

Transformasie is 'n voortdurende en steeds onafgehandelde proses. En die verlede moet dien om die hede en toekoms te bou.

Solank die regering sport as stiefkind behandel, sal vroeëre glorie in baie kodes nog moei­liker herleef.



So sê ander

21 Mei 2018



Brexit and the royal wedding: which is the real Britain?



The royal wedding was newly inclusive. But Brexit seeks to close doors, not open them.

Every ancient nation takes the long walk to modernity in its own round­about way. None is as ramrod straight as the Long Walk in Windsor Great Park down which the royal newly­weds were driven through happy­ crowds on a memorable and sun-kissed Saturday. National journeys between past and present are more tortuous. Interruptions, setbacks and turns in the road abound.

The racial inclusivity of Prince Harry and Meghan Markle's wedding was something new. It was a milestone moment on that long and winding walk to a fairer Britain.

It cannot be overlooked that Saturday's uplifting events took place in a country disfigured by Brexit.

The long walk will never be a straight line. But it is a journey that must be taken, by princes and peoples alike.

• THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!