Kan kernwapenverdrag gered word?
’n Oplossing is onwaarskynlik nadat Amerika hom onttrek het aan die kernwapenooreenkoms met Rusland. Jeffrey Field skryf hoekom.
Jeffrey Field
Mike Pompeo, Amerika se minister van buitelandse sake, het op 1 Februarie aangekondig dat Amerika hom gaan onttrek aan sy kernwapenooreenkoms met Rusland.
Sedert die Obama-administrasie het Amerika Rusland daarvan beskuldig dat hy die ooreenkoms oor middelafstandkernwapens skend, wat die VSA en Rusland keer om sekere soorte ballistiese en kruisermissiele te ontwikkel. ’n Dag ná Pompeo se aankondiging het pres. Wladimir Poetin aangekondig dat Rusland ook sy deelname aan die ooreenkoms sou opskort.
Die ooreenkoms is nog nie heeltemal van die baan nie. Die aankondigings dien as ’n kennisgewingtydperk van ses maande wat vereis word deur die verdrag voordat partye hulle mag onttrek. Daar is steeds tyd om verskille te besleg.
Maar ek dink nie dit gaan gebeur nie.
Ek het gewerk aan kwessies wat verband hou met wapenbeheer en kernsperverdrae by die departement van buitelandse sake en die departement van verdediging.
Hier is die redes hoekom ’n oplossing onwaarskynlik is.
DIE KOUE OORLOG
In die 1970’s het die Sowjetunie begin om missiele op strategiese plekke binne sy grondgebied te plaas wat elk drie kerntorpedokoppe kon dra oor ’n afstand van sowat 2 500 myl.
Hierdie SS-20 missiele was in ’n kategorie van wapens wat “middelafstand ballistiese missiele” genoem is. Die missiele kon byna al 29 lidstate van die Noord Atlantiese Verdrag Organisasie (Navo) tref, met die uitsondering van die VSA en Kanada.
In dié tyd het Navo nie ’n manier gehad om die nuwe bedreiging die hoof te bied deur diplomasie met die Sowjet-unie nie. Hulle het ook nie soortgelyke missiele gehad wat daartoe in staat was om strategiese liggings in die Sowjet-unie vanaf Wes-Europa te tref nie.
Die VSA het probeer om Navo-bondgenote gerus te stel en ’n Sowjet-kernaanval op Wes-Europa te keer. In die vroeë 1980’s het hy die Persing II ballistiese missiel, sowel as ander missiele in België, Italië, Nederland, Brittanje en Wes-Duitsland ontplooi.
Dié poging was ten dele daarop gemik om die bedreiging van Sowjet-missiele te keer, en ook om die Sowjet-unie te oortuig om te onderhandel oor die aantal middelafstand- en kortafstand-missiele aan albei kante in Europa en die Sowjet-unie.
VOORWAARDES VAN DIE VERDRAG
Onderhandelinge tussen die VSA en die Sowjet-unie het begin in 1979 in die laaste stadium van die Jimmy Carter-regering. Die doel was om die aantal middelafstand-missiele wat elkeen kon ontplooi te beperk. Die onderhandelinge het voortgegaan in die regeringstydperk van Ronald Reagan met verskeie voorstelle oor hoeveel missiele elke kant kon hê en waar hulle geplaas kon word.
In 1987 het Mikhail Gorbatsjof voorgestel dat alle kortafstand- en middelafstand-missiele geëlimineer moes word. Dit het tot die middelafstand kernwapenooreenkoms gelei wat dié klas van missiele verbied het. Die ooreenkoms is op 8 Desember 1987 deur Reagan en Gorbatsjof onderteken.
Albei kante het ooreengestem om alle bestaande kruisermissiele en ballistiese missiele wat vanaf die grond afgevuur kan word (in teenstelling met dié uit die see of vanuit die lug) te elimineer wat ’n visiersafstand het van tussen 300 myl en 3 400 myl.
Voor die sperdatum vir die verdrag se implementering in 1991 het die VSA en Rusland meer as 2 500 missiele vernietig wat deur die verdrag gedek word.
MOET DIE VSA DIE VERDRAG VERWERP?
Die VSA het die eerste keer bekommerd geraak oor die Russe se nakoming van die verdrag in 2014, toe dié land beweer het Rusland het ’n missiel getoets wat die beperkings op die reikwydte in die verdrag geskend het. Rusland het die bewering ontken.
Intussen word lande soos China, Iran en Noord-Korea nie beperk deur enige verdrae wat te doen het met die ontwikkeling van missiele wat kernwapens kan dra nie. Hierdie lande het aangehou om sulke missiele te ontwikkel of oorweeg dit om hierdie tegnologie te ontwikkel.
Rusland het in die middel 2000’s begin vrees dat die verdrag sy militêre opsies beperk.
Party ontleders meen die VSA moet die verdrag verwerp om dieselfde redes – nie omdat die Russe hulle nie daaraan steur nie, maar omdat dit die VSA se militêre opsies beperk teenoor China. Die verdrag keer die VSA om kortafstandmissiele wat van die grond afgevuur word te plaas in plekke soos Japan. John Bolton, Trump se nasionale veiligheidsadviseur, is ’n sterk voorstander van hierdie benadering.
Vooruitsigte vir die verdrag lyk nie goed nie.
Rusland ontken nou al lankal dat hy die verdrag skend. Die Trump-administrasie is oor die algemeen skepties oor wapenbeheer en het planne om voort te gaan om die VSA se kernarsenaal te moderniseer.
As hy nie meer deur die verdrag gebind word nie, kan die VSA nuwe kernwapenstelsels in Oos-Asië ontwikkel om Chinese militêre vooruitgang te stuit. Die ondergang van die verdrag lyk waarskynlik.
Wat volgende gebeur hang af van verskeie veranderlikes, veral die uitkoms van 2020 se presidensiële verkiesing in Amerika.
*Jeffrey Field is medeprofessor in internasionale betrekkinge aan die Universiteit van Kalifornië. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie