Kan konserwatiewe Fillon Frankryk se verregses afweer?
Hy het die presidentsnominasie van die regse Republikeinse party gewen en staar nou ‘n verdere stryd vir die toekoms van Frankryk, die Europese Unie (EU) en hoofstroom politiek in die Weste in die gesig.
Ná Donald Trump se verrassende oorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing, sal Frankryk se verkiesing in April en Mei 2017 die toets wees vir hoe hoog die golf van nasionalisme en populistiese politiek kan styg.
Indien meningspeilings geglo kan word, is Francois Fillon, die Republikeinse Party se pasaangewysde presidentskandidaat, se grootste mededinger die verregse Nasionale Front (FN) se leier, Marine Le Pen, wat haar as deel van die verspreidende verset teen globalisering en die politieke elite beskou.
Fillon se ondersteuners in die Republikeinse Party glo sy harde regse gesindheid oor die beskerming van die Franse kultuur, die stryd teen Islamitiese ekstremisme en die bekamping van misdaad, sal help om Le Pen se aansien uit te daag.
“Wanneer jy iemand se huis binnegaan, vat jy nie oor nie,” was Fillon se boodskap verlede week aan immigrante, ‘n teken dat hy nie bang is om die nasionalistiese taal van sy opponente te praat nie.
Sy konserwatiewe maatskaplike oortuigings as Katoliek uit die Franse platteland, spreek tot landelike kiesers en kan hom ook beskerm teen aantygings dat hy ‘n uit-voeling metropolitaanse liberalis is.
Daar is baie vir Frankryk en Europa op die spel.
Saam met ‘n belofte om op immigrasie toe te slaan, het Le Pen ook beloof om Frankryk uit die euro-sone te onttrek en ‘n referendum oor die land se voortgesette lidmaatskap van die EU te hou.
Terwyl Brittanje se beplande onttrekking uit die EU ‘n gevoelige slag vir die EU-klub is, sal Frankryk, een van die stigterslede, se onttrekking ‘n finale Europese nekslag wees.
Fillon het beloof om 500 000 werkgeleenthede in die staatsdiens te sny, die 350 uur werkweek te skrap en om koste ten opsigte van maatskaplike voorsorg en mediese sorg te sny ten einde Frankryk se chroniese oorbesteding te verminder.
Die 62-jarige Fillon het in ‘n herehuis na aan die dorp, Le Mans, grootgeword. Hy het ook bewondering vir die voormalige Britse eerste minister, Margaret Thatcher, ‘n voorstander van globalisering, deregulering en vrye markte uitgespreek. Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie