Kanadese polisie fnuik terreuraanval
Vermeende IS-simpatiseerder doodgeskiet
Die Kanadese polisie het ’n vermeende simpatiseerder van die Islamitiese Staat-groep (IS) doodgeskiet, wat op die punt was om ’n ploftoestel láát Woensdag in Ontario te laat ontplof.
Die polisie het bevestig dat ’n “potensiële terreurbedreiging die hoof gebied is”.
“Die RCMP het geloofwaardige inligting oor ’n potensiële terroristebedreiging ontvang. Die verdagte is geïdentifiseer en gepaste stappe is gedoen om te verseker dat geen gevaar vir die openbare veiligheid bestaan nie,” lui ’n verklaring van die Royal Canadian Mounted Police (RCMP).
Die polisie het nie aangedui waar die voorval plaasgevind het nie, maar die media berig dat die voorval in Strathroy, Ontario. plaasgevind het.
Die Kanadese media berig dat die verdagte ’n 24-jarige man was wat in 2015 in hegtenis geneem is omdat hy sy steun aan IS op sosiale media toegesê het. Hy is in Februarie vrygelaat, maar is noukeurig deur veiligheidsmagte gemonitor.
’n Familielid het aan die Kanadese uitsaaier, CBC, gesê hulle is deur die polisie in kennis gestel dat hy doodgeskiet is vóór hy ’n ploftoestel wou aktiveer.
CTV het op sy beurt berig dat die ontploffing vir ’n groot stad in ’n volgepakte openbare gebied beplan is.
Die RCMP sê die ondersoek duur voort soos nuwe inligting aan die lig kom.
Kanada was in Oktober die teiken van twee afgesonderlike alleenloper-aanvalle in Quebec en Ottawa.
In Saint-Jean-sur-Richelieu, 40 kilometer suidoos van Montreal, het ’n jong man met sy motor in twee soldate in ’n parkeergebied vasgejaag. Een van die soldate is dood voor die polisie die aanvaller ná ’n kort jaagtog doodgeskiet het.
Twee dae later, op 22 Oktober 2014, het ’n aanvaller ’n militêre wag doodgeskiet en die parlementsgebou bestorm, voordat hy deur veiligheidswagte doodgeskiet is, meters van die vertrek waar die eerste minister en sy koukus vergader het.
Ná hierdie aanvalle het die konserwatiewe regering ’n wetsontwerp aanvaar waarin die RCMP en Kanada se spioenasie-agentskap bykomende magte gegee is om terreurkomplotte te fnuik en Kanadese jeugdiges te verhinder om in die buiteland by IS aan te sluit.
Kanada het in September 2014 by die Amerikaans-geleide koalisie teen IS aangesluit.
– Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie