Kandidate met karakter
Kandidate met karakter

Kandidate met karakter

Dani Booysen
Lewenskragtige mededinging is goed vir die demokrasie.

Daarsonder kan nuwe idees en visies nie gestalte kry nie.

Met opposisiepolitiek wat noustrop in Namibië trek, is dit belangrik dat dié ope debat en kompetisie in Swapo plaasvind vir almal om te sien. Nie net vir ondersteuners nie.

Vandeesweek se finalisering van kandidate vir die topampte in die regerende party is vir die hele land belangrik.

Dat gerekende, senior leiers soos mnre. Nahas Angula en Helmut Angula hul name in die hoed vir hierdie stryd gooi, is goed.

Nietemin kan jare se lojale diens en die senioriteit van, of aantal posisies wat reeds deur 'n kandidaat beklee is, nie al maatstaf vir deelname en/of sukses wees nie. Diegene met ritse blapse op hul getuigskrifte of 'n geskiedenis van bedenk­like prestasie behoort nie aanspraakmakers te wees nie.

Namibiërs is dit eens met president Hage Geingob dat Namibië en praktiese oplossings vir die land se talle probleme eerste moet kom.

As daar só hard teen vuilspel gepreek word, weet Jan Publiek onderduimse taktiek is altyd deel van die spel.

Die uitsluiting van sekere ministers en adjunkministers van die kongres is ook 'n munt met twee sye. Wat is beter? 'n Kliek wat ewig die hef in die hand hou of voetsoolverteenwoordigers uit die distrikte en streke?

Die “siel” van 'n party, soos elders gewag van gemaak word, kan nie aan die president of enkele topleiers behoort nie. Dan is dit baie laat in die dag vir 'n party wat homself wil herontwerp om die hele nasie beter te dien.





So sê ander

9 Oktober 2017



Beeld, Die Burger en Volksblad sê



Die tragiek van die werklikheid van staatskaping en die uitwerking daarvan op die land word nêrens beter geïllustreer nie as met die onlangse verering van twee leiersfigure wat albei noue bande met die omstrede Gupta-familie het.

Pres. Jacob Zuma is vir sy deelname aan die struggle vereer met 'n beeld op die Groot Marico-erfenisterrein naby Zeerust. En wat Zuma vir die land “beteken” het, het Ace Magashule, Vrystaatse premier, ook in dié provinsie “vermag”. Magashule is onlangs met 'n eredoktorsgraad deur 'n Turkse universiteit vereer.

Dit is uiteraard in dié twee politici se belang dat die sloerende staatskapingsondersoeke so gou as moontlik op dreef moet kom. Hul enigste kans om eervol in die geskiedenisboeke vermeld te word en om reg te laat geskied aan hul eerbewyse, is as in sulke ondersoeke bevind word dat hul hande al die tyd skoon was.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!