Kanker se Kersmark
‘n VARKIE wat hom ‘n behoorlike drag slae in die Walvisbaaise stadsaal op die lyf geloop het, is die kleine ot wat as ‘n tradisionele spaarbussie op die dorp se Kersmark in die stryd teen kanker aangebied is. So ‘n grote verskeidenheid, so oorspronklik! Die senteknypers kon maar die wyk neem. Die spaarbusvarkie kan maar tot ‘n ander dag op sy sentekos wag.
Die treffer van die markdag wat ook die voormalige vaandeldraer in die stryd teen kanker, mnr. Kurt Johannesson, soos altyd terug Walvisbaai toe gelok het, was die uitstalling van Hannelie Reiman se juwele. Sewe jaar lank het sy die voorraad opgebou wat in sekuriteitskluise bewaar word. Nou was dit daar vir almal om te sien en te koop. Al die ou staatmakers onder die kusdorpe se handvaardiges het in die stadsaal uitgeslaan plus ‘n paar nuwelinge. Erongo se verslagspan was daar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie