Kankerappelprojek strek verder as ooit tevore
Kankerappelprojek strek verder as ooit tevore

Kankerappelprojek strek verder as ooit tevore

Yandi Du Plessis
Bank Windhoek se jaarlikse kankerappelprojek is vanoggend weer amptelik van stapel gestuur.
Deur hierdie fondsinsamelingsprojek is oor die afgelope 21 jaar meer as N$30 miljoen ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN) ingesamel.
Verlede jaar was die enigste jaar wat die projek nié kon plaasvind nie, vanweë Covid-19 en die gepaardgaande maatreëls soos die inperkings en die sluiting van skole. Laasgenoemde lewer normaalweg ’n grool bydrae in die verkope van die appels.
Nietemin is die betrokke rolspelers nie van stryk gebring nie en het hulle met meer innoverende maniere vorendag te kom om die projek te dryf. Vanaf môre, 14 Oktober, sal Bank Windhoek se splinternuwe aanlyn-“appelwinkel” oop wees vir besigheid. Só kan enigiemand wat wil aansluit by die stryd teen kanker in Namibië, dit nou vanuit die veiligheid van hul eie huise doen.
Benewens die tradisionele appels, word appelsap ook vanjaar in die appelseisoen verkoop, en “virtuele appels” regdeur die jaar.
Die opbrengs van die projek sal in Maart volgende jaar aan CAN oorhandig word. Een appel kos, soos altyd, N$5.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer