Kankerpasiënte bederf
Tanja Bause - Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het gister ter viering van Wêreldkankerdag ’n bewustheidsoptog tot by die A.B. May-kankersorgsentrum gehou.
Deelnemers aan die Lavender Walk is voor die gebou deur dr. Annelle Zietsman verwelkom, wat gesê het die sentrum verwelkom elke bydrae wat gemaak word.
“Die sentrum sien gemiddeld meer as 1 200 pasiënte by die mediese onkologie-afdeling, en sowat 1 200 by die radiologie onkologie-afdeling. Die kinders in ons kindersaal bly vir etlike maande in die hospitaal en benodig toiletware en lugtyd om met hul families in verbinding te bly,” het Zietsman gesê.
“Ons benodig ook papier. Ons faksmasjien is al vir die laaste vyf weke buite werking. Weens ekonomiese beperkings, en omdat die A.B. May-kankersorgsentrum ’n baie duur eenheid is, is ons baie dankbaar vir al die mense wat skenkings aan ons maak en ons ondersteun,” het sy gesê.
Deelnemers het uit CAN-werkers, vrywilligers, besighede en belanghebbendes bestaan, en het kankerpasiënte met vars vrugte, koek, koeldrank en geselskap verras.
Me. Evigail Julius het in 2001, toe sy nog op hoërskool was, begin om op ’n gereelde basis fondse vir CAN in te samel.
“Ek het nooit gesien waarheen die geld gaan nie, en noudat ek die mense sien en ontmoet, voel ek dat ek nog méér moet en kan doen,” het sy gesê.
“Ek is so oorweldig daardeur om te sien wie die mense is wat ek deur die fondsinsamelings help. Ek besef ook ek het nog nie genoeg gedoen nie. Ek kan meer van my tyd gee en meer mense betrokke maak.”
Me. Justine Fourie het vanjaar as vrywilliger by CAN aangesluit.
Sy wou nog altyd meer betrokke raak, omdat haar familie ‘n geskiedenis van kanker het.
Sy het elke veldtog finansieel ondersteun en het besluit om nou meer van haar tyd te gee.
“Iets so klein soos om ’n paar vrugte aan mense uit te deel, of om tyd met die kinders in die kankersaal te bestee, beteken vir die mense so baie en vat so min van my,” het sy gesê.
Die Namibiese Brouerye (NBL) het N$60 000 by die geleentheid aan die sentrum, en N$60 000 aan CAN oorhandig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie