Kankerstryd gaan by marathon baat
Paulus Iiyambo sal sy titel by die kus verdedig.
Tielman van Lill - Die 2018 Rössing-marathon wat ook as die Namibiese nasionale kampioenskap dien, word komende Saterdag saam met verskeie ander afstande en ’n pretstap by Swakopmund aangebied.
Vanjaar sal die eerste keer wees dat drawwers die halfmarathon van 21.1 kilometer kan aandurf waar die mans- en vrouewenners elkeen met ’n bruikbare tjekkie van N$3 000 kan wegstap. In die marathon van 42.2 km sal die wenners harder moet werk om die afstand so haastig as moontlik te voltooi en sal dus elkeen ’n gewigtiger N$10 000 vir hul moeite ontvang.
Atlete in die tweede en derde plekke kan onderskeidelik N$5 000 en N$2 000 te wagte wees, terwyl die vierde en vyfde posisies met N$1 000 en N$500 nie met leë hande huiswaarts gaan keer nie.
Vir die mans- of vrouewenner wat die byeenkoms se marathonrekord verbeter, wag ’n N$1 000 bonus. Alternatiewe uitdagings is die 10 km wedloop, uraan-aflos en pretstappie van 5 km.
VET PRET
Die grootste pret wag vir groepe, families en vriende wat Saterdagoggend om negeuur by die Vineta-Noord sportgronde aan die 5 km pretstap gaan deelneem.
Die Kankervereniging van Namibië sal by die geleentheid baat waar oud en jonk asook troeteldiere teen die see met ’n panoramiese uitsig kan voetslaan.
Die afgelope paar jaar het dié sosiale geleentheid in gewildheid gegroei en mense kan opnuut vanjaar pryse met ’n glimlag losslaan. Mense kan hul verbeelding op loop sit en enige kreatiewe kleding aantrek om aan verskeie afdelings deel te neem. Stappers kan vir die mees oorspronklike kostuum-afdeling inskryf.
Die jongste stapper (babas en peuters in stootwaentjies of troeteldiere tel nie as die jongste nie), die oudste stapper, langste stapper en oulikste wandelaar met ’n troeteldier aan ’n leiband kan om tienuur nadat hulle klaar gestap het nader staan om te sien of hulle ’n prys gewen het.
Pretstappers kan Saterdag vanaf 07:30 tot negeuur by dieselfde venue vir ’n skamele tien Namibiese dollar inskryf, wat ten bate van kanker gaan.
Paulus Iiyambo, die 2017 marathonkampioen vir mans, sê hy is slaggereed om weer sy mededingers te wys waar Dawid die wortels gegrawe het.
“My oefenprogram het goed afgeloop en ek is gereed vir die 42.2 km en gaan natuurlik my titel suksesvol verdedig,” het die langasem vol vertroue vertel.
Padvrate vir die halfmarathon en marathon spring reeds om 07:00 weg, met die 10 km-deelnemers wat om 07:15 in die pad val. Die uraan-aflos spring saam met die loslit brigade om 09:00 weg. Atlete kan Vrydag vanaf 18:00 tot 21:00 by die Vineta-Noord sportgronde registreer.
Inskrywingsvorms is by www.rossing.com verkrygbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie