Kans vir UCI-punte op eie bodem aangegryp

Bergfietsry
Andrew Poolman
Byeenkoms nommer twee van Nedbank en die Rock & Rut bergfietsklub se reeks veld­resiese het Saterdag vir groot opwinding gesorg.

Die kronkelende sirkelroete by Farm Windhoek in Kleine Kuppe was oor nagenoeg 5.3 kilometer wat vir deelnemers in al die kategorieë veral in die klimskofte 'n goeie uitdaging gebied het.

Die groot aantrekkingskrag was vir die kategorieë met UCI-status (elite mans, elite vroue en junior mans) waarin deelnemers punte op die wêreldranglys kon verdien. Ryers uit Duitsland, Switserland, Zambië, Lesotho en Suid-Afrika was in aksie om hieruit voordeel te trek – hoewel die hitte en hoogte bo seespieël uitputtend was.

Die teenwoordigheid van bekendes soos Vera Adrian en Konny Looser, wat skaars 'n week tevore die Absa Cape Epic-toer voltooi het, het verdere aansien verleen.

Namibië se Alex Miller, wenner van die junior mansresies, het met dié oorwinning altesame 20 punte ingesamel. Die belowende 17-jarige ryer van Aus in die suide ry vir die eerste jaar in dié klas en het in die laaste ronde versnel om Pieter du Toit, een van Suid-Afrika se bestes in dié ouderdomsgroep, verby te steek.

Volgens Miller se afrigter, Hans du Toit, staan die ryer wat tans 40ste op die wêreldranglys is op 76 punte en kan die Namibiër oor die komende maande sy posisie verder verbeter.

“Sulke geleenthede is meestal in Suid-Afrika, maar ons hoop ook om in middel-Mei die Afrika-kampioenskap in Mauritius te gaan bywoon.”

In die elite klasse het die mans Costa Seibeb (tweede) en Tristan de Lange (derde) ook die podium ná Suid-Afrika se Wessel Botha gehaal.

Die topdrie elite vroue was Cherie Redecker (RSA), Mariske Strauss (RSA) en Vera Adrian (Namibië).

Twee ryers wat geval het, het beide behandeling ontvang en behoort betreklik gou weer fiks te wees. Heinrich Köhne (elite mans) het 'n vinger gebreek en moes 'n paar steke aan sy gesig en knie kry, terwyl Timmo Grossmann (junior mans) ook 'n harde stamp teen die kop gekry het.

Die uitslae van die nie-UCI klasse:

Subveteraan vroue (2 rondes): 1 Luanne van der Schyff 0:45:11; 2 Wanda van der Merwe 0:46:27; 3 Gesa Kock 0:47:41.

Veteraan vroue (2 rondes): 1 Genevieve Weber 0:40:31; 2 Elanor Grassow 0:42:41; 3 Antje Tietz 0:46:25.

Meesters vroue (2 rondes): 1 Wanda Tattersall 0:44:09; 2 Mandy Huysamen 0:49:21; 3 Stephanie Faul 0:49:53.

Sport vroue (2 rondes): 1 Sonja Obholzer 0:47:29; 2 Marike Stranghöner 0:51:00.

Rhino-klas mans (90 kg plus, 2 rondes): 1 Volker Engling 0:44:23; 2 Andreas Brendel 0:47:24; 3 Reinhard Haenisch 1:01:54

Meesters mans (2 rondes): 1 Frank Snyman 0:39:07; 2 Volker Trubenbach 0:39:34; 3 Arno Kok 0:40:56

Grootmeesters mans (2 rondes): 1 Roland Graf 0:43:55; 2 Hercules Viljoen 0:45:10; 3 Tony Bassingthwaighte 0:50:35

Sport mans (2 rondes): 1 Hanso Diehl 0:43:49; 2 Sven Obholzer 0:45:56; 3 William Stegmann 0:50:01

Subveteraan mans (3 rondes): 1 Pierre Knoetze 0:52:51; 2 Jacques Celliers 0:56:162; 3 André Steinfurth 0:59:46

Veteraan mans (3 rondes): 1 Piet Swiegers 0:52:19; 2 Ian Grassow 0:54:28; 3 Stefan van Doorn 0:55:31

Junior vroue (3 rondes): Grossmann Stephanie 1:03:18

Onder 16 seuns (3 rondes): 1 Dieter Koen 0:54:51; 2 Hugo Hahn 0:55:11; 3 Divan du Plooy 1:04:22.

Onder 16 meisies (3 rondes): 1 Jone van Eeden 1:13:37; 2 Cindy Rowland 0:56:27.

Onder 14 seuns (2 rondes): 1 Bergran Jensen 0:38:33; 2 Ethan L'Estrange 0:42:31; 3 Anton Engling 1:03:43.

Onder 14 meisies (3 rondes): 1 Monique du Plessis 0:19:55; 2 Michelle Koen 0:25:47.

Onder 12 seuns (3 rondes): 1 Kevin Lowe 0:15:41; 2 Daniel Hahn 0:16:24; 3 Rico Steinfurth 0:17:05.

Onder 12 meisies (2 rondes): 1 Ada Kahl 0:13:52; 2 Adrielle Baumgarten 0:20:19.

Onder 10 seuns (2 rondes): 1 Lowe Sean 0:11:44; 2 Marco Thiel 0:12:12; 3 Roger Suren 0:12:13.

Onder 10 meisies (2 rondes): 1 Delsia Janse van Vuuren 0:14:40; 2 Suren Nicole 0:22:10.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!