Kantoor van die Ombudsman vier 30 jaar
Die kantoor van die Ombudsman se bydrae tot die Namibiese demokrasie word gevier in die boek 30 Years, making a diffence, wat vandag in Windhoek bekend gestel is.
Die voormalige adjunk-ombudsman, mnr. Ephraim Kasutu, adv. Bience Gawanas, die enigste vrou wat nog die amp beklee het, en die uittredende Ombudsman, adv. John Walters, het met trot oor die nalatenskap van die instansie gepraat.
Hulle het uitdagings uitgelig en prestasies opgesom. Die rol van ‘n ombudskantoor in die beskerming van menseregte, waardigheid en ware demokrasie is benadruk.
Kasutu betreur die voortgesette afhanklikheid van die kantoor van die ministerie van justisie vir befondsing, terwyl Walters kla dat die vele verslae wat hy jaarliks in die parlement indien weining reaksie uitlok en soms ronduit geïgnoreer word.
Gawanas het Walters geprys vir die vestiging van streekskantore, “omdat dit is waar die mense is,” en sê ondanks die struikelblokke is die kantoor van die Ombudsman in Namibië steeds ’n voorbeeld vir die res van die vasteland en die wêreld.
Haar boodskap aan ombudsbeamptes wêreldwyd is om altyd te onthou: “Ons kan nie menseregte en regverdigheid bevorder as ons nie daarin glo en dit in ons eie lewens uitleef nie.”
Foto: Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie