Kapenaar su00ea hy het als sien kom
Kapenaar su00ea hy het als sien kom

Kapenaar sê hy het als sien kom

Mandy Rittmann
ANDREW WILLIAM KENNY SKRYF:

Ek skryf na aanleiding van die onlangse afkondiging deur die president van die noodtoestand genoodsaak deur die verwoestende droogte in die land asook wêreldwye natuurrampe en pestilensies wat die mensdom die wêreld oor teister.

My naam is Andrew Kenny, Suid-Afrikaans van geboorte vanuit Kaapstad.

Ek is in 2010 deur drie wonderbaarlike visioene en openbaringe ('n wit duif; 'n groot, blou bonatuurlike oog wat drie keer vir my knipoog, en 'n driehoekige wolk met weerligstrale) deur die Here God tot profeet aangewys om Sy wil tot die mens, en spesifiek die kerk waar ek bedien het, te spreek. Dit is ek wat die afgelope weke in die openbaar in Windhoek die waarskuwing van die Here verkondig en die mens, en spesifiek die kerk tot inkering en verootmoediging geroep het, omdat daar van die weë van die Here afgedwaal is en die kerk afvallig geword het. Dit het skeuringe en onenigheid teweeggebring wat dreig om die reddingsplan van die Here in die wiele te ry.

Die Here God het na Sy openbaringe in drome tot my gespreek, waarna ek eers gereinig was. Ek moes ophou rook, drank gebruik en jazzklubs besoek.

Daarna het die drome my gelei om met geestelikes in my kerk te praat. 'n Jong predikant, die deken van 'n katedraal en 'n biskop het almal negatief gereageer. My geestestoestand was bevraagteken. Toe was ek gelei om met my familie te praat.





NIEMAND WIL LUISTER

Ek was grofweg as misleidend uitgekryt en van waansin beskuldig. Hulle het nie die visioene verstaan nie, of wou nie glo nie.

Die Heilige Gees het daarna vir my na sewe kerke gestuur (Openbaringe). Ek moes, soos Jeremia, my kerk verlaat.

Mense het gehoor dat ek goed met musikante werk en wou van my dienste gebruik maak. Die idee was dat ek my stories in hulle kerke moes vertel.

Ek, wat baie skugter en skaam was, sou so 'n geleentheid kry om met mense te praat en te getuig. Een van die belangrikste voorvereistes was dat ek elke droom en alles wat ek sou ervaar, moes neerskryf en dateer.

Die opdrag het toe gekom om aan 'n aartsbiskop te skryf. Die drome was helder.

In elke brief het ek drome gekry van dinge wat in Suid-Afrika verkeerd sou loop en ek het die by die aartsbiskop gepleit om gehoor te gee. Ek het gedroom en gewaarsku van treine wat nie loop nie, treine wat brand, busse wat nie loop nie, roofvoëls wat briesend na my staar (voëlgriep), tiere wat agter bome wegkruip (Listeriose), wurms wat by die wortels van plante lê (Herfskommandowurm), landwye onrus en brandstigting, berg- en bosbrande, om maar 'n paar van die plae te noem.

Ek het tien briewe (vergelyk Moses) aan die aartsbiskop gestuur, elk voorafgegaan deur 'n droom of visie van pestilensies. Die plae is met reëlmaat gerealiseer, nadat daar na elke skrywe geen terugvoer van die aartsbiskop gekom het nie. Die Here was besig met ”stirring up”.

Die groot waarskuwings het in drome gekom: “Alles stop vir die Here”, en: “Daar is niks wat God nie aan die aarde sal doen as die kerk verbrokkel nie.”

Dit was die onuitspreekbare walglikheid. Die land sou tot stilstand geruk word en die wêreld se voortbestaan sou in gedrang kom, omdat my kerk op twee maniere van die Woord van die Here afgedwaal het, en dit tot skeuring aanleiding gegee het, wat die wraak van die Here op die mensdom teweeggebring het en hy (die mens) dit nie besef nie (Jes. 22:25).

Ek was deur die leiding van die Heilige Gees altyd op die regte tyd op die regte plek geplaas om die lasterlike uitsprake en praktyke aan te hoor, te ervaar en aan te teken.

Dit was eeenvoudig: stop Eskom, stop die land. (In Jesaja 33:1 waarsku die Here: “When thou shalt cease to spoil (His house), thou (thy house) shall be spoiled”.

Sy arsenaal was formidabel - tsunami's, orkane, rots- en modderstortings en brande.

Hy waarsku ook deurgaans van “die swaard", pestilensies en hongersnood. Daar was ook die droom van die Oosterse man wat 'n knoppie druk en 'n missiel word die hemel in gelanseer. Hy stuur dan 'n elektronies skrywe aan 'n wit huis.

Die hooge toorn van die Here was verder uitgebeeld in 'n droom van Christopher Lee as Dracula met bloedbelope oë; waansinnig van woede. Hy (werklik die Heilige Gees) had 'n valk in een hand en 'n wit duif in die ander.

Jacob Zuma en die Guptas het in my drome verskyn. Geld het uit my hande in 'n droom verdwyn. Die land sou bankrot word deur korrupsie. So het ek in 'n droom tjeks wederregtelik in 'n bank gewissel, met die medewete van die bestuurder (VBS, SARS, BOSSASA, ESKOM, SAA et al).

Die waarskuwings was onmiskenbaar. Die oorgrote meerderheid van die drome was profeties, dit het later tot katastrofies tot vervulling gekom.





GATESVILLE

'n Skielike wending het gekom toe ek in 'n droom beveel was om die Naam van die Here in Gatesville, Kaapstad “groot te maak”. Die gebied was oorwegend Indiër en Moslem. Groot vrees het oor my gedaal toe ek begin op straat en in die markpleine vol oorwegend Moslem-handelaars en -kliënte preek en Jesus verkondig. Ek was gerus toe die meeste mense luister.

Ek was toe aangesê om van water te praat. Ek het die drome onthou. Die land sou droog word (1 Kon. 8:35-39). Die krane sou toegaan en die damme sou leeg loop.

Groot gebiede het binne dae van algehele droogte gekom en die Here het op die nippertjie genade betoon.

Ek het gereeld in bykans elke winkelsentrum in en rondom Kaapstad, asook in die middestad gepreek, die waarskuwing van die Here verkondig, en die kerk tot verootmoediging geroep. Die droogte was gebreek met verwoestende vloedwaters.

Die volgende opdrag was, om soos Jeremia, op wie my roeping geskoei was, in die kerk se ore te skree. Ek moes by 'n kerk instap en die waarskuwing van die Here verkondig. So was ek hardhandig uit 'n katedraal en twee ander kerke verwyder.

Die volgende keerpunt was toe ek die land moes verlaat. My suster het dertig jaar gelede na Namibië verhuis (toeval?) en ek is vir die eerste keer vir drie maande hier. (Die syfer drie was omtrent in alles wat ek ervaar het teenwoordig.)

Die geskrifte het ek in die tussentyd in boekvorm omskep en ek hoop om dit binnekort gepubliseer te kry. Die onlangse geskiedenis van Suid–Afrika en die wêreld met God aan die stuur is in die dramatiese boek vasgevang en die toekoms is benard.

Dit is die wil van die Heilige Gees en my wense, dat die boek inderhaas onder die aandag van die hoogste gesag in Namibië, Suid-Afrika (miskien d.m.v. van die buitelandse sending in Namibië?) en die wêreld gebring word. Dit is nie 'n vergesog om te sê, dat ons toekoms van die reaksie van die kerk afhang nie.

Tot dusver was daar stilswye na tien briewe en 'n eksemplaar van die boek wat aaan die aartsbiskop gestuur is. Intussen het ons Michael, Idai, Kenneth en vele ander natuurlike rampe en die een ekonomiese en politieke krisis na die ander.

Die boek bevat opspraakwekkende openbaringe en wonderwerke wat die wêreld asem sal laat snak en tonge sal los maak.

Aan die wat hulle skuldig gemaak het aan lastering en kettery wat die kerk verbrokkel, wil ek die waarskuwing van die Here rig om te “repent”.

“Aardverwarming” het 'n naam - die Here God. Hy het immers gespreek en die aarde was. Niks daarop gebeur sonder Sy wete of Sy wil of Sy werking nie.

Groot is die Naam van Die Here! Julle kan nie water maak nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!