Kapere ter ruste gelê
’n Staatsbegrafnis is Saterdag vir wyle Mandela Kapere by die Pionierspark-begraafplaas gehou.
Die Namibiese parlementslid en langtermyn-jeugleier, mnr. Mandela Kapere, is Saterdag by die Pionierspark-begraafplaas in die hoofstad begrawe.
Kapere is op 7 Desember op die ouderdom van 38 aan Covid-19-verwante oorsake by sy huis dood. Hy word oorleef deur sy vrou, twee kinders en albei sy ouers.
Kort ná sy dood het pres. Hage Geingob ’n amptelike staatsbegrafnis aan Kapere toegeken.
In ’n emosionele lofrede het sy vrou, me. Stella Tomas Kapere, gesê haar siels- en lewensmaat is nou verlore.
“Hoe sê mens tot siens aan iemand wat nooit gesê het hulle gaan nie, vir iemand vir wie jy steeds wag om enige tyd by die voordeur in te stap?” vra sy.
Sy sê sy wou nooit ’n enkelma of ’n weduwee wees nie, maar belowe om vir haar twee kinders sterk te wees.
“Ek wil nie alleen wees nie, maar meer as dit wil ek nie met enige ander persoon lewe nie. Ek vind my troos en krag in die heilige skrifte en die herinneringe van hoe jy (Mandela) my gerespekteer en lief gehad het,” sê sy.
Die paartjie het in Algerië ontmoet.
“Ons het in Maart vanjaar ons tiende huweliksherdenking gevier en ons het so uitgesien vir nog baie jare saam. Ons het soveel planne vir onsself en vir ons kinders gehad, maar God het ’n ander plan gehad. Dit is hartseer dat my geliefde my uit Mosambiek hierheen gebring het en sonder waarskuwing dat hy gaan, my hier gelos het, om nooit terug te keer nie,” sê sy.
In ’n toespraak wat namens pres. Geingob gelewer is, sê hy hartseer is nie 'n lewenslange vonnis nie, maar eerder 'n lewensdeurgang en ’n menslike ervaring wat een of ander tyd gedeel moet word.
“Soms voel ons oorweldig deur hartseer, en hoewel dit nie 'n lewenslange vonnis is nie, is ons ten minste vir hierdie oomblik ’n gevangene van hartseer. Watter groter pyn is daar nie vir 'n nasie as om een van sy voorste seuns te verloor nie? Met die heengaan van kameraad Mandela Kapere het ons een van ons helderste sterre verloor, 'n sagte reus en 'n onvervangbare jeugleier,” het Geingob gesê. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie