Kaperjolle by die padblokkades
Kaperjolle by die padblokkades

Kaperjolle by die padblokkades

Mandy Rittmann
WILLEM DE WET SKRYF:

Ek storm gister (Sondag) laatmiddag terug Windhoek toe uit die Suide en alles loop glad.

Net na Regenstein ry ek in die stert van stilstaande voertuie vas, wat vir een of ander rede vêr vorentoe tot stilstand gebring is. Onmiddellik vermoed mens ongeluk en begin in jou kop die hoop uitspreek dat almal ok is, maar ek kruie geduldig aan en nader later die padblokkade, wat toe blyk om die probleem te wees.

Die persoon aan diens staan daar met ’n paar wit tekkies, ’n denim en ’n bont jas met ’n balaklawa oor die kop getrek dat net sy oë uitsteek. Een hand in die sak en ’n flits in die ander.

Elke kar word gestop en daar word ’n geselsie aangeknoop. Kyk nie lisensies van persoon of voertuig nie, en hy is ook alleen op sy pos.

As hy dus enigiemand sou wou aftrek vir welke oortreding ook al, sou hy sy pos moes verlaat om self die nodige skryfwerk te gaan doen en daarom soek hy nie vir oortreders nie, maar hy soek bloot gesels tot absolute irritasie van die voertuie agter my wat kort kort op die hoeter lê om hul misnoë te kenne te gee?

Logies sou mens dink hy soek oortreders, en as hy so iemand sou kry, beveel hy die oortreder om af te trek, sodat sy kollegas in die deurmekaar en vuil kantoortjie die nodige papierwerk kan afhandel, maar nee, almal word gestop en mee gesels, want meer kan hy nie op sy eie vermag nie en die mense in die tou raak moeilik.

Dit pla egter nie die gemaskerde wonder daar voor, wat baie in sy skik lyk met homself met die dat hy die mag het om ’n hele prosessie verkeer tot stilstand te ruk en almal de josie in te maak vir sy eie vermaak. Hy kan en daarom sal hy!

Is die knaap in die civvies hoegenaamd van Nampol of staan hy net in vir sy comrades wat nie opgedaag het vir diens nie?

Kan myself nie indink dat enigiemand hoegenaamd by die man stop nie, want hy het geen stukkie offisiele drag aan nie en hy gedra hom ook nie soos iemand wat opgelei is om ’n padblokkade te beman nie.

Wonder ek toe so in die stilligheid wat hy gaan doen as ek aandring om sy identiteit te sien, maar ek bedink myself want ek wil nog voor curfew by die huis kom. Op die oog af sou ek sê hy lyk eerder na die wolf as na die wagter en wat sou hy doen as mens eenvoudig verby ry? Daar is nie eens ’n voertuig waarmee hy jou sal kan agterna sit nie en ek weet ook nie of daar ’n wapen naby sou wees, om homself te beskerm as iets sou handuit ruk nie.

Ek sien in die voertuig uit 'n buurland afkomstig, wat voor my in die tou is, hoe die insittendes skelm foto’s neem van die knaap agter die balaklawa en sit en lag soos hulle die stoppunt nader.

Nee kerels, lyk darem ten minste die part as julle op diens is of los dit geheel en al, want julle maak nie ’n goeie indruk op enigiemand nie en maak van jul eroep ’n lagwekkende skande.

Dra jou uniform as jy op diens is en gedra jou soos ’n dienaar van die gereg. Of bly by die huis.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!