Kapitaal moet red
Met die verskuiwing van geld uit die ontwikkelingsbegroting kon die minister van finansies daarin slaag om die regering se totale bedryfsuitgawes vir die huidige boekjaar konstant te hou.
Jo-Maré Duddy – Geld by bykans 230 ontwikkelingsprojekte is weggeneem sodat die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, nóg sowat N$1,79 miljard vir bedryfsuitgawes in 2018-’19 kon bekom waarvoor hy nie in sy hoofbegroting in Maart voorsiening gemaak het nie.
Verdediging se ontwikkelingsbegroting is egter nie ‘n sent minder nie, blyk uit die halfjaar-begrotingshersiening wat Schlettwein gistermiddag in die parlement ter tafel gelê het.
Onderwys, gesondheid, landelike en streeksontwikkeling, asook vervoer se ontwikkelingsbegrotings is die swaarste getref. Bykans N$190 miljoen in totaal is by 49 gesondheidsprojekte gesny, terwyl amper N$143 miljoen in totaal by 27 onderwysprojekte ingeboet is.
Die begroting vir 61 projekte by landelike en stedelike ontwikkeling is in totaal met N$288,5 miljoen verminder. Sowat N$690,8 miljoen het by die ontwikkelingsbegroting van 29 vervoerprojekte in die slag gebly.
Kapitaalprojekte wat deurgeloop het, is dié waarmee nog nie begin is of nie ver gevorder is nie, het Schlettwein in sy begrotingstoespraak gesê.
Hy het “implementeringsuitdagings” met die toestaan van tenders van veral groot kapitaalprojekte, goedere en dienste as “kommerwekkend” beskryf. Teen September was net 27% van die totale ontwikkelingsbegroting bestee.
Schlettwein het gesê alle rolspelers, insluitende die openbare verkrygingsraad moet saamwerk en doeltreffende maniere vind om struikelblokke uit die weg te ruim. In dié verband beplan hy ‘n forum volgende maand.
Die navorsingshoof van PSG Namibia, me. Eloise du Plessis, sê geld wat uit die ontwikkelingsbegroting verskuif word omdat dit nie bestee is nie, “is niks om te vier nie”.
“Die ontwikkelingsbegroting is die afgelope drie jaar weer én weer gesny om die dag-tot-dag besteding van die regering te finansier. Dit is nie volhoubaar nie,” het Du Plessis aan Republikein gesê.
Uitgawes
Die ministeries van onderwys, kuns en kultuur, asook gesondheid en maatskaplike dienste se bykomende bedryfsuitgawes is die meeste.
Volgens begrotingsdokumente is N$380 miljoen méér aan onderwys hertoegeken. Schlettwein sê dié ekstra geld is om meer onderwysers aan te stel en die nuwe kurrikulum te implementeer. Die hersiende begroting toon die ministerie se totale salarisrol word nou op sowat N$11,1 miljard geraam – N$379 miljoen meer as in die hoofbegroting.
Gesondheid en maatskaplike dienste se hertoekenning is N$365 miljoen. Volgens Schlettwein gaan dié groter begroting vir medisyne, meer gesondheidswerkers en die ministerie se spesiale fonds aangewend word.
Aan die ministerie van finansies is N$275 miljoen hertoegeken, onder meer N$95 vir die staatsdienspensioenfonds (GIPF) en N$170 miljoen vir die gebeurliksheidsfonds.
Die ministerie van hoër onderwys, opleiding en innovering se hertoekenning is N$209 miljoen. Dit moet onder meer as ‘n subsidie dien om programme van die ministerie te ondersteun, aldus Schlettwein.
Die ministerie van verdediging benodig N$125 miljoen méér vir nutsgoedere en vervoer. Ná dié hertoekenning word verdediging se totale begroting vir goedere en dienste vanjaar op sowat N$605 miljoen geraam.
Die regering se totale vergoedingsrekening vir 2018-’19 is na raming sowat N$29,3 miljard.
Belasting
Schlettwein het vrese besweer dat voorstelle vir belastinghervormings en -verhogings wat hy in sy hoofbegroting aangekondig het, sonder raadpleging geïmplementeer sal word.
Gesprekke met rolspelers in dié verband duur voort, het hy verseker. Kommer is reeds uitgespreek oor kwessies wat meer druk sal plaas op beleggersvertroue en die ekonomie, wat na verwagting ook in 2018 in ‘n resessie sal wees, eerder as om dit te stimuleer, het hy gesê.
Van die kwessies onder die loep is om “onvolhoubare” verhogings by individue te vermy.
Luidens die hersiende begrotingsdokumente verwag Schlettwein in 2018-’19 bykans N$13,2 miljard se persoonlike inkomstebelasting – sowat N$238 miljoen of 1,8% meer as wat in die hoofbegroting geskat is. In 2019-’20 hoop hy op bykans N$13,6 miljard, ‘n styging van bykans 3%. In die hoofbegroting was sy projeksie vir volgende jaar sowat N$13,7 miljard.
Maatskappybelasting vir die huidige boekjaar is na sowat N$8,4 miljard hersien – effe minder as die bykans N$8,5 miljard in die hoofbegroting. Volgende jaar se verwagting is ongeveer N$8,89 miljard, ‘n styging van bykans 6%. In sy hoofbegroting was die skatting vir 2019-’20 bykans N$9,2 miljard.
Skuld, begrotingstekort
Namibië se “potensiële” begrotingstekort vanjaar beloop volgens die hersiende begroting nou sowat N$8,7 miljard vergeleke met bykans N$8,3 miljard in die hoofbegroting.
Die hersiende beraming vir die regering se totale skuldlas vir vanjaar is bykans N$82,6 miljard of 44% van die bruto binnelandse produk (BBP). In die hoofbegroting was dit sowat N$83,7 miljard.
Van 2019-’20 tot 2021-’22 beplan die regering om bykans N$3,9 miljard vir die African Development Bank (AfDB) te leen. Dit sal die land se totale skuldlas teen 2021-’22 na verwagting tot sowat N$106 miljard of 47% van die BBP verhoog. Die regering se plafon is 35%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie